28 Junie is die 179ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (180ste in ’n skrikkeljaar). Daar volg nog 186 dae in die res van die jaar.

duimnael|200px|Die Hubble-ruimteteleskoop ontdek Pluto se vierde satelliet. duimnael|200px|Koningin Victoria word gekroon.

Gebeure 767 – Teenpous Constantinus II word deur sy broer Toto op die pouslike troon gesit. 1243 – Pous Innocentius IV volg Pous Celestinus IV op. 1519 – Karel V verkies as keiser van die Heilige Romeinse Ryk. 1635 – Guadeloupe word ’n Franse kolonie. 1778 – Slag van Monmouth Court House; Molly Picher kry haar bynaam. 1838 – Koningin Victoria gekroon. 1887 – Minot, Noord Dakota, word ingelyf as ’n stad. 1894 – Werkersdag (Engels: Labor Day) word ’n amptelike VSA vakansiedag. 1914 – Aartshertog Frans Ferdinand en sy gemalin Sophie word in Sarajevo deur sluipmoordenaar Gavrilo Princip geskiet. 1919 – Die Verdrag van Versailles word onderteken wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog aangedui het. 1950 – Seoul word deur troepe van Noord Korea ingeneem. 1960 – Amerikaanse olierafinaderye in Kuba word genasionaliseer. 1967 – Israel annekseer Oos-Jerusalem. 1977 – Die Verenigde Party van Suid-Afrika word ontbind. 2007 – Sydney-operahuis word 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied. 2011 – Die Hubble-ruimteteleskoop ontdek die vierde natuurlike satelliet van die dwergplaneet Pluto, Kerberos.

Geboortes 1476 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) († 1559). 1491 – Hendrik VIII, koning van Engeland († 1547). 1577 – Peter Paul Rubens, Vlaamse skilder († 1640). 1703 – John Wesley, Britse teoloog, stigter van Metodisme († 1791). 1712 – Jean-Jacques Rousseau, Switserse filosoof († 1778). 1787 – Sir Harry Smith, Britse goewerneur en hoë kommissaris aan die Kaapkolonie († 1860). 1846 – Willem Eduard Bok, Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg genoem is († 1904). 1867 – Luigi Pirandello, Italiaanse dramaturg en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde , 1934 († 1936). 1883 – Pierre Laval, voormalige eerste minister van Frankryk († 1945). 1906 – Maria Goeppert-Mayer, Duits-gebore Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelpryswenner in Fisika († 1972). 1918 – Cyriel Paul Coupé, Belgiese priester, onderwyser, skrywer en digter († 1998). 1926 – Mel Brooks, Amerikaanse akteur, regisseur rolprentvervaardiger en skrywer. 1932 – Pat Morita, Amerikaanse akteur († 2005). 1942 – Chris Hani, vermoorde Suid-Afrikaanse kommunis († 1993). 1948 – Kathy Bates, Amerikaanse aktrise. 1952 – Elize Cawood, Suid-Afrikaanse aktrise († 2020). 1957 – Annelie Botes, Afrikaanse roman-, kortverhaal- en rubriekskrywer († 2024). 1964 – Sabrina Ferilli, Italiaanse aktrise. 1965 – Tiaan Strauss, Suid-Afrika se drie-en-veertigste Springbokkaptein. 1971 – Elon Musk, Suid-Afrikaansgebore internet- en ruimtelanseringsentrepreneur; woon tans in die VSA. 1979 – Florian Zeller, Franse romansier, dramaturg, draaiboekskrywer en filmregisseur. 1995 – Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal 2017. 2009 – Laurel Griggs, Amerikaanse kinderaktrise († 2019).

Sterftes 106 – Pous Kedron van Alexandrië vierde patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend). 767 – Pous Paulus I, die 93ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 700). 1570 – Fridolin Brunner, Switserse Protestantse pastoor en hervormer (* 1498). 1836 – James Madison, Amerikaanse politikus en staatsman, 4de President van die Verenigde State (* 1751). 1919 – William Philip Schreiner, Suid-Afrikaanse staatsman, advokaat en hoë kommissaris (* 1857). 1944 – Friedrich Dollmann, Duitse generaal (* 1882). 1965 – Red Nichols, Amerikaanse jazzkornetspeler en komponis (* 1905). 1974 – Frank Sutton, Amerikaanse akteur (* 1923). 1974 – Vannevar Bush, Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder (* 1890). 1989 – Joris Ivens, Nederlandse regisseur, skrywer en rolprentvervaardiger (* 1898). 1997 – Anna Böeseken, geskiedkundige van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skrywer (* 1905). 2001 – Mortimer Adler, Amerikaanse filosoof (* 1902). 2010 – Robert Carlyle Byrd, Amerikaanse politikus (* 1917). 2014 – Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch (* 1953). 2014 – Meshach Taylor, Amerikaanse akteur (* 1947). 2017 – Bernard Nottage, ginekoloog, politikus en Olimpiese atleet uit die Bahamas (* 1945). 2020 – Dr. Pieter Willem Bingle, predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1939).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Paulus I in die Rooms-Katolieke Kerk. Feesdag van Irenaeus van Lyon in die Rooms Katolieke en die Lutherse Kerk. Feesdag van Pous Kedron van Alexandrië in die Kopties-Ortodokse Kerk

Kategorie:Junie