duimnael|links|Van die beelde in die erf van die Uilhuis duimnael|links|Beelde in die Uilhuis te tuin duimnael|links|240px|Die kerkgebou van die NG gemeente Nieu-Bethesda, gestig in 1878.
Nieu-Bethesda is 'n klein dorpie in die Groot-Karoo, Suid-Afrika, sowat 50 km noord van Graaff-Reinet in die Sneeuberg-gebied. Dit is in 1878 gestig deur Charles Murray, predikant van die NG gemeente Graaff-Reinet, gestig met die woorde "En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen", vanweë die vrugbaarheid van die area en die aanwesigheid van voldoende water. Sy bedoeling was om die gemeente "nou Bethesda" te noem (na aanleiding Johannes 5: vers 2-4), maar dis verkeerdelik genotuleer as "Nieuwe Bethesda" en so het die NG gemeente Nieu-Bethesda lank bekendgestaan tot dit later reggestel is as na "Nu-Bethesda", net om weer later na Nieu-Bethesda terug te verander.
Nieu-Bethesda was die tuiste van Helen Martins (1898-1976). Saam met Koos Malgas (1937-2000) het sy 'n asembenemende hoeveelheid kunswerke nagelaat. Die hele tuin en huis is vol daarvan. Die huis staan bekend as die Uilhuis.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronnelys Zaaiman, Daleen: Wonderwêreld van glas en sement. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 36, nr. 5, September/Oktober 1991. ISSN 0491-4783
Eksterne skakels Kaart wat die ligging van die dorp aandui. Meer inligting Nieu Bethesda se amptelike webtuiste
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap