Die Ipresium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Eoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 56 tot 47,8 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Tanetium en gevolg deur die Lutetium.

Naam en definisie Die Ipresium is in 1849 deur die Belgiese geoloog André Dumont genoem na Ieper in België (Frans: Ypres). Die huidige etage het egter min gemeen met die oorspronklike definisie.Steurbaut 2006 Hoewel die tipeligging oorspronklik in die omgewing van Ieper was, lê die globale stratotipepunt nou in die Dababiya-profiel in die omgewing van Luxor in Egipte.Dupuis et al 2003

Die basis van die etage word gedefinieer deur ’n negatiewe δ13C-anomalie en die bokant deur die laaste voorkoms van die Foraminifera-genus Hantkenina.

Klimaat Die Ipresium het begin met ’n skielike en kortstondige styging in die klimaat. Dit was ook in die res van die tydsnede baie warm en sou in die daaropvolgende Lutetium warm bly.

Verwysings

Bronne Dumont, A.H.; 1850: Rapport sur la carte géologique du Royaume, Bulletins de l’Académie Royale des Sciences, des Lettres et des Beaux-Arts de Belgique 16(2), p. 351-373. Dupuis, C.; Aubry, M.; Steurbaut, É; Berggren, W.A.; Ouda, K.; Magioncalda, R.; Cramer, B.S.; Kent, D.V.; Speijer, R.P. & Heilmann-Clausen, C.; 2003: The Dababiya Quarry Section: Lithostratigraphy, clay mineralogy, geochemistry and paleontology, Micropaleontology 49(1), p. 41-59, ISSN 0026-2803. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Steurbaut, É.; 2006: Ypresian, Geologica Belgica 9(1-2), p. 73-93.

Kategorie:Eoseen Kategorie:Tydsnedes