Die duinebruidsbos (Pavetta revoluta) is 'n struik wat tot 6m hoog groei. Dit kom voor in Port Elizabeth tot noord van Maputo in Mosambiek en weswaarts tot by Mahikeng. Die boom se blare is dik en leeragtig en die punte stomp. Daar is opvallende domatiums op die blaar.

Die boom se FSA-nommer is 720.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Pavetta Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika