Semantiese versadiging is ’n sielkundige fenomeen waarin herhaling van ’n woord of frase daartoe lei dat die woord of frase tydelik sy betekenis vir die luisteraar, wat die spraak as herhaalde betekenislose klanke interpreteer, verloor

Geskiedenis en navorsing Die frase “semantiese versadiging” is deur Leon Jakobovits James gemunt in sy doktorale proefskrif wat in 1962 deur McGill-universiteit in Montreal aan hom toegeken is. Die uitdrukking “verbale versadiging” is voor dit gebruik saam met terme wat die idee van geestelike moegheid uitdruk. Die proefskrif het ’n lys bevat van ander terme wat vir die fenomeen gebruik is:

Die proefskrif bied verskeie eksperimente aan wat die werking van die semantiese versadigingseffek demonstreer in verskillende kognitiewe take soos om woorde en figure wat in ’n kort tyd herhalend aangebied word in ’n rangorde te plaas. ’n Voorbeeld van so ’n taak was om woorde te herhaal en dit in konsepte te groepeer, getalle bymekaar te tel nadat dit hardop herhaal is en tweetalige vertalings van woorde in een van die twee tale. In elke geval moes die getoetsde ’n woord of getal vir ’n aantal sekondes herhaal en dan die kognitiewe taak uitvoer deur daardie woord of getal te gebruik. Dit is gedemonstreer dat die herhaling van ’n woord voor die gebruik daarvan in ’n taak, dit taak aansienlik moeiliker geword het.

Die verduideliking vir die fenomeen is dat verbale herhaling ’n spesifieke neurale patroon in die korteks herhaal wat ooreenstem met die betekenis van die woord. Vinnige herhaling veroorsaak dat die periferale sensomotoriese en die sentrale neurale aktiwiteite herhalend plaasvind wat lei tot reaktiewe verhindering. Die gevolg is ’n verlaging in die intensiteit van die aktiwiteit met elke herhaling. Jakobovits James noem hierdie gevolgtrekking die aanvang van “eksperimentele neurosemantiek.”

Toepassing Semantiese versadiging kan help met die vermindering van glossofobie deur mense wat hakkel. Deur herhaling toe te pas word die intensiteit van negatiewe emosies wat gedurende die toespraak opgeroep word, verminder. SEMANTIC SATIATION AND COGNITIVE DYNAMICS1 Dr. Leon James (formerly Leon A. Jakobovits) University of Illinois

In populêre kultuur In Edgar Allan Poe se kortverhaal Bernice, wat in 1835 gepubliseer is, beskryf die protagonis ’n geestestoestand wat veroorsaak het dat hy “ ’n algemene woord eentonig moet herhaal, totdat die klank, deur gereelde herhaling, opgehou het om ’n idee van enige aard, oor te dra”. In die episode “The One with the stoned guy” van Friends herhaal die karakter waarna in die titel verwys is die woord ‘Tartlets’ totdat die “alle betekenis verloor” het. Memorable quotes for "Friends" The One with the Stoned Guy (1995), IMDB.com In die episode “Robin 101” van How I Met Your Mother herhaal Ted Mosby die woord ‘Bowl’ en verklaar dat “enige woord vreemd klink indien jy dit genoeg sê”. Semantiese versadiging word uitgebreid gebruik in Tony Burgess se roman Pontypool Changes Everything en in die rolprentaanpassing daarvan.

Verwysings

Verdere naleeswerk

Unpublished Ph.D. Dissertation.

Kategorie:Psigolinguïstiek Kategorie:Semantiek