Gemmer of gemmerwortel is die risoom van die plant Zingiber officinale wat gebruik word as 'n lekkerny, medisyne of spesery. Dit verleen sy naam aan die familie Zingiberaceae. Ander noemenswaardige lede van hierdie plantfamilie is borrie, kardamom en galangal.
Gemmerverbouing het in China ontstaan en het sedertdien versprei na Indië, Suidoos-Asië, Oos-Afrika en die Karibiese Eilande.
Die gemmer familie (Zingiberaceae) behoort saam met die piesangfamilie (Musaceae) tot die orde Zingeberales. Die wetenskaplike naam Zingiberaceae is afgelei van die Latynse woord zingiber, wat "gemmer" beteken. Die familie kom hoofsaaklik in die tropiese gebiede van Suidoos-Asië voor en bestaan uit ongeveer 50 genera met nagenoeg 1 500 spesies.
Die gemmerfamilie is eensaadlobbige plante met ondergrondse wortelstokke. Die blomme het slegs een meeldraad, wat die styI soos ʼn skede omring. Die stempel steek bo uit en die lip ontwikkel in die middel van die blom op die plek van die meeldrade. Die wortelstok van die gemmerplant (Zingiber officinale) word in suiker gekook om die gemmer te ekstraheer. Spesies van die genus Curcuma word ook ter wille van hulle wortelstokke gekweek. Speserye en medisyne word uit die wortels gemaak. Die spesie Curcuma domestica lewer 'n fyn meel waaruit kerrie berei word.
Produksie
In Suid-Afrika word die meeste gemmer in Mpumalanga by Hazyview, Witrivier en Sabie geproduseer. Dit word tussen die rye neutbome in die boorde geplant. Gemmer word hier die hele jaar geoes.
Top tien gemmerproduseerdersJaarliks soos op 11 Junie 2008 Land Produksie (ton) 380,100 331,393 192,500 174,268 170,125 152,106 72,608 52,000 27,415 12,000Wêreld 1,615,974Bron: Food And Agricultural Organization of United Nations: Economic And Social Department: The Statistical Division
Bron Die Burger, 18 Januarie 2021 Wêreldspektrum, 1982, band
Verwysings
Kategorie:Speserye