Die bosdoringklipels of bokdrol (Canthium inerme) is 'n algemene, klein tot middelgroot boom wat voorkom vanaf Kaapstad tot in die Lebomboberge van Mpumalanga en Eswatini. Dit is ook inheems in Mosambiek en Zimbabwe. Die boom groei in kusstruikbos en woude.

In woude waar die noodsaak bestaan om opwaarts te groei om die sonlig te bereik, kan hierdie boom tot 14 m hoog word, maar dit is gewoonlik tussen 3 en 7 m. Dit kan verskeie stamme hê. 'n Jong stam is glad en liggrys van kleur, later kan dit growwer en donkerder word. Die takke vorm teenoorgestelde pare wat regte hoeke met mekaar maak. Die takke dra dikwels stewige dorings wat 7 –8 cm lank kan word. Die blare is glansend, liggroen en haarloos, hulle het 'n sagte, leeragtige tekstuur. Die blare is dof aan die onderkant. Hulle is teenoorgesteld geplaas en het 'n elliptiese vorm en is 2,5-10,0 x 1-4,5 cm groot. Dit kry roomkleurige tot geelgroen blommetjies in digte okselstandige trosse tot 3 cm in deursnee. duimnael|links|Canthium coromandelicum in Indië.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Canthium Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe