Die Callovium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Middel-Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 166,1 tot 163,5 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Batonium en gevolg deur die Oxfordium.

Naam en definisie Die Callovium is deur die Franse paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na Callovium, die Latynse naam vir Chalivoy-Milon in Frankryk. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Kepplerites en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Brightia thuouxensis.

Verwysings

Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .

Kategorie:Jura Kategorie:Tydsnedes