Die Valanginium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Vroeë Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 139,8 tot 132,9 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die eerste Kryt-etage, die Berriasium, en gevolg deur die Hauterivium.

Naam en definisie Die Valanginium is in 1853 deur Édouard Desor genoem na Valangin in Switserland.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Calpionellidae Calpionellites darderi en die ammoniet Thurmanniceras pertransiens, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Acanthodiscus (veral A. radiatus).

Verwysings

Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .

Kategorie:Tydsnedes Kategorie:Vroeë Kryt