duimnael|250px|links|Trigoniidae Trigonia Daedalea uit Strépy-Bracquegnies in België, (uit die Albium-tydsnede). Die Albium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Vroeë Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 113 tot 100,5 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Aptium en gevolg deur die Senomanium.
Naam en definisie Die Albium is in 1842 deur die paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na die Franse rivier Aube, wat deur die département met dieselfde naam vloei.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die mikrofossiel Praediscosphaera columnata, en die bokant deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Rotalipora globotruncanoides.
In die Albium het die voorheen seldsame bedeksadiges vir die eerste keer ’n groot deel van die flora begin vorm.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Tydsnedes Kategorie:Vroeë Kryt