Die Santonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 86,3 tot 83,6 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Coniakium en gevolg deur die Campanium.
Naam en definisie Die Santonium is in 1873 deur Henri Coquand genoem na Saintes in die Franse département Charente-Maritime.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die tweekleppige Cladoceramus undulatoplicatus, en die bokant deur die uitwissing van die seelelie Marsupites testudinarius.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Laat Kryt Kategorie:Tydsnedes