duimnael|links|Metriorhynchus superciliosus, ’n krokodilagtige tydens die Bajosium. Die Bajosium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Middel-Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 170,3 tot 168,3 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Aalenium en gevolg deur die Batonium.
Naam en definisie Die Bajosium is genoem na Bayeux in die Franse département Calvados. Die naam is in 1864 daaraan gegee deur die Franse paleontoloog Alcide d'Orbigny.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Hyperlioceras, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Parkinsonia (G.) convergens.
Verwysings
Bronne Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Jura Kategorie:Tydsnedes