duimnael|'n Boeing 727-200 van "Air Algérie" in September 1981 duimnael|regs|'n Lufthansa Boeing 727–100 nader Lughawe Londen-Heathrow in 1978

Die Boeing 727 is 'n middelgroot driemotorige kommersiële passasierstraalvliegtuig gebou deur Boeing-Korporasie. Dit kan 149-189 passasiers dra en latere modelle kan 4 400 tot 5 000 km (2 400 tot 2 700 seemyl) ononderbroke vlieg. Die 727 is ontwerp vir kort- en mediumafstandvlugte, en kan redelike kort aanloopbane by kleiner lughawens gebruik. Alle modelle is toegerus met drie Pratt & Whitney JT8D enjins, twee weerskante die agterromp plus 'n sentrale enjin wat verbind is deur 'n S-buis na 'n inlaat voor die T-stert. Die 727 is Boeing se enigste driemotorige vliegtuig.

Produksie

Die 727 was die steunpilaar van lugdienste se binnelandse roetes en is ook gebruik op die kort- en mediumafstand internasionale roetes. Passasiers-, vragvliegtuig en omskepbare weergawes van die 727 is gebou.

Die 727 was massageproduseer in die 1970's en die laaste 727 is in 1984 voltooi. Teen Julie 2011 was 23 727-100s en 227 727-200s steeds in verskeie lugrederye se diens. Lughawens se hersiene geraasregulasies het daartoe gelei dat latere 727's met geraasdempers toegerus is.

Die laaste passasiersvlug van 'n Boeing 727 is deur Iran Aseman Airlines in Januarie 2019 onderneem.https://edition.cnn.com/travel/article/boeing-727-last-flight-scli-intl/index.html Die vliegtuie word nou hoofsaaklik gebruik vir die vervoer van vrag, staatsamptenare en belangrike persone.

Gebruikers Historiese gebruikers in Suid-Afrikahttps://saahistory.wordpress.com/aircraft/historial-aircraft/boeing-727/ Suid-Afrikaanse Lugdiens (9 vliegtuie tussen 1968 en 1982) Phoenix Airways Nationwide Airlines Trek Lugdiens Comair Interair

Verwysings

Kategorie:Boeing Kategorie:Passasiersvliegtuie