__NOTOC__ Die mingerhout (Breonadia salicina) is 'n immergroen boom in die katjiepiering-familie, Rubiaceae. Dit is die enigste spesie in die genus Breonadia is dus 'n monotipiese takson. Dit is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en die boom se FSA-nommer is 684.

Verspreiding Die boom kom in tropiese en suidelike dele van Afrika in die volgende lande voor: Angola, Benin, Burkina Faso, Eswatini, Ethiopië, Ghana, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Zambië en Zimbabwe.

In Suid-Afrika kom dit in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor. Daar is ook 'n afgesonderde populasie langs die Limpoporivier wes van Musina.

Groeiwyse Die boom kom soms in stande voor en groei net langs standhoudende riviere. Die boom lyk baie soos die Kinaboom, maar hulle kom nie in dieselfde habitat voor nie. Dit word tot 26 meter hoog en is immergroen. Die blare is in kranse van drie tot vier gerangskik, is ellipties, glansend donkergroen en min of meer regop.

Hout Die hout is lig tot donker, baie duursaam en olierig van aard. Inheemse mense kerf lepels uit die hout aangesien dit nie maklik vog absorbeer nie, en sodoende langer hou as kookgerei. Die Afrikaanse woord "mingerhout" blyk ook na 'n mengstokkie te verwys.Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park: Mingerhout, p. 45, Floors van der Wateren (April 2018)

Ander name Ander inheemse name is matumi in Engels, mohlomê in Sotho, mutu-lume in Venda en umfomfo in Zoeloe.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels Breonadia op die wêreldlys van Rubiaceae

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Monotipiese takson