Ladysmith Black Mambazo is 'n manlike sangkoor uit Suid-Afrika wat in die vokale style isicathamiya en mbube sing. Die groep het 'n reeks pryse gewen, waaronder vyf Grammy-toekennings.

Die groep is in 1960 deur Joseph Shabalala gestig, en is een van die beste verkoopte groepe in Suid-Afrika, met verskeie goue en platinum plate.Erlmann, V: "Nightsong", bladsy 291-92. The University of Chicago Press, 1996 Die groep is wêreldwyd bekend as gevolg van hulle samewerking met Paul Simon op sy album Graceland. Sedert die jaar 2012 is die groep ook 'n soort van reisende musiekskool wat mense oor Suid-Afrika en sy kultuur leer.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse kore