Die Lockheed SR-71 Blackbird was 'n gevorderde, langafstand, Mach 3+ strategiese verkenningsvliegtuig."SR-71 Blackbird". lockheedmartin.com. URL besoek op 14 Maart 2010. Dit is ontwikkel as 'n geheime projek van die Lockheed A-12 verkenningsvliegtuig in die 1960's deur Lockheed se "Skunk Works"-afdeling. Clarence "Kelly" Johnson was verantwoordelik vir baie van die ontwerp se innoverende konsepte.
Tydens verkenningsmissies het die SR-71 teen so 'n hoë spoed en hoogte gevlieg dat dit enige bedreiging kon uitoorlê. Indien 'n naderende grond-tot-lugmissiel opgespoor is, was die standaardontwykende aksie eenvoudig om te versnel en weg te vlieg van die gevaar."SR71 Blackbird" PBS dokumentêr, vertoon op 15 November 2006.
Die SR-71 het in die Amerikaanse Lugmag gedien van 1964 tot 1998. 'n Totaal van 32 van hierdie vliegtuie is gebou; 12 is verloor in ongelukke, maar nie een is verloor deur vyandige aksie nie.Landis and Jenkins 2005, bl. 98–101. Verskeie byname is aan die SR-71 gegee, insluitend Blackbird en Habu. Sedert 1976 hou dit die wêreldrekord vir die vinnigste luggeaspireerde bemande vliegtuig, 'n rekord wat voorheen deur die Lockheed YF-12 gehou is.Landis and Jenkins 2005, bl. 78.Pace 2004, bl. 159
Verwysings
Kategorie:Patrollievliegtuie