Dr. Tobias Ballot Muller (noemnaam Tobie, George, 13 Augustus 1884 – Philippolis, 25 Oktober 1918) was 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n Afrikaanse taalstryder.
Dr. Tobie Muller was 'n inspirerende studenteleier op Stellenbosch en 'n kampvegter vir Afrikaans. Hy was die eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalvereniging (ATV) in die Eikestad. Nadat hy in 1909 na Europa vertrek het, het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Utrecht verwerf. Sy proefskrif, De kennisleer van het Anglo-Amerikaansch pragmatisme (1913), is van belang vir die geskiedenis van die filosofie in Suid-Afrika. C.F.J. Muller in Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou). In Oktober 1913 het hy 'n belangrike lesing gelewer, Die geloofsbelydenis van 'n Nasionalis, wat deur die ATV versprei is. In dié tyd het Muller hom vurig vir sy volk se regte begin beywer en 'n Afrikaanse maandblad, Ons Moedertaal, opgerig',Afrikaans hou aan groei en bly altyd vars, Beeld, 14 Augustus 2013. waarvan hy redakteur geword het. (Dit is kort daarna by die Huisgenoot ingelyf.) Hy was 'n voorstander van die Afrikaanse Bybelvertaling en was lid van die eerste kommissie wat vir dié doel aangestel is. In 1916 het Muller 'n beroep na die NG gemeente Philippolis aangeneem, waar hy algemene sekretaris van die ATV gebly het tot aan sy dood twee jaar later.
Afkoms en kinderjare duimnael|regs|320px|Tobie Muller het in 1902 vir die Victoria-kollege se eerste rugbyspan gespeel. Hy sit voor regs. In die middel, tweede van links, sit Paul Roos. Muller was minstens in 1902 en '03 lid van dié span. 270px|duimnael|links|Die kerkgebou van die NG gemeente George waar Tobie Muller se pa predikant was tot hy sowat drie jaar oud was. duimnael|links|160px|Dr. Muller se vader, prof. C.F.J. Muller, hoogleraar aan die Kweekskool op Stellenbosch van 1900 tot sy dood op 13 Augustus 1915, op sy seun se 31ste verjaardag. duimnael|regs|Tobie Muller en Bennie Keet (links), afgeneem in Utrecht in 1911. duimnael|links|230px|De Nieuwe Kerk se hoeksteen is op 18 April 1832 gelê ten aanskoue van 'n skare van 12 000. Dit is eers einde 1847 voltooi. Tobie Muller se vader was leraar van die Groote Kerk met opdrag Nieuwe Kerk tot hy in 1891 die eerste leraar van die dogtergemeente geword het. In dié gemeente het die Mullers gebly tot Tobie sowat 16 jaar oud was en sy vader 'n hoogleraarskap aan die Kweekskool op Stellenbosch aanvaar het. duimnael|regs|320px|Tobie Muller het in 1903 in die Vctoria-kollege se heel eerste verteenwoordigende studenteraad gedien. Voor: Hendrik Daneel, W.J. van Zijl (voorsitter), Muller (sekr.) en Leo Fouché. Agter: C.F. Miijnhardt, H. Botes, T.C. Lochner, G.B.A. Gerdener en J. van Schalkwijk.
regs|320px|duimnael|Prof. C.F.J. Muller en sy gesin. Tobie staan links. duimnael|regs|160px|Tobie Muller is deels genoem na ds. Tobias Johannes Herold, George se eerste NG leraar en sy oorgrootvader aan moederskant. duimnael|regs|160px|Tobie Muller as 15-jarige in Skotland, 1899.
Tobie Muller is in 1884 op George gebore as die jongste seun van ds. (later prof.) C.F.J. Muller, wat van 1877 tot 1887 leraar van die NG gemeente George was. Hy was voorheen leraar van Swellendam vanaf 1872. Sy moeder was Johanna Louw, een van die sewe dogters van Adriaan Jacobus Louw van die Paarl wat elkeen met 'n predikant getrou het. Prof. Muller trou op 15 November 1871 met Johanna Louw. Adriaan Louw se sewe dogters was: 1. Maria Magdalena (Miemie) met prof. Nicolaas Hofmeyr; 2. Louisa Adriana (Wiesie) met ds. Arend Hermanus Hofmeyr van Hanover; 3. Margaretha Johanna (Maggie) met ds. Johannes Rudolph Albertyn; 4. Catharina Johanna (Kitty) met ds. George Murray; 5. Johanna Hendrina met prof. C.F.J. Muller; 6. Charlotte met ds. J.C. Truter; 7. Susanna Maria met ds. P.G.J. Meiring.
Tobie is genoem na die eerste twee NG predikante van NG gemeente George, Tobias Johannes Herold, sy oorgrootvader van moederskant, en Johan Stephen Simeon Ballot. Die gesin het in 1887 na Kaapstad verhuis toe Tobie se vader die beroep aanneem na die Groote Kerk met werkkring Nieuwe Kerk. Dié deel van die ou moedergemeente, wat later sou bekendstaan as die NG gemeente Tamboerskloof, het in 1891 afgestig en so word ds. Muller die dogtergemeente se eerste leraar. Hier in Kaapstad het die jong Tobie 'n reeks waar siektes deurgemaak, ten spyte van sy sterk liggaamsbou en goeie gesondheid. Volgens J.A. Bosch was dit reeds "in hierdie tye van siektes dat hy die eerste tekens van sy besondere verstandelike vermoëns begin openbaar het". Bosch, J.A. 1962. Eeufeesgedenkboek van die N.G. gemeente Philippolis, 1862–1962. Philippolis: Eeufeesreëlingskomitee. Op agtjarige ouderdom het hy byvoorbeeld sy ouers verras met 'n geskrewe verhaal van 'n skip wat op see vergaan het. Keet, B.B. en Tomlinson, Gordon. 1925. Toby Muller. 'n Inspirasie vir Jong Suid-Afrika. Kaapstad: Nasionale Pers.
Op negejarige leeftyd het hy sy eerste skool besoek en van toe af het hy vinnig gevorder. Hy het besonder goed in al sy eksamens presteer sodat hy aan die einde van 1900 (of in 1901) De Kock, W.J. 1968. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk. die matrikulasie-eksamen afgelê en derde (of tweede) in die Kaapkolonie geplaas is. Nienaber, P.J. 1949. Hier Is Ons Skrywers! Biografiese Sketse van Afrikaanse Skrywers. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
Universiteitsopleiding Aan die Victoria-kollege het Muller hom op elke gebied onderskei en sy medestudente het hom dan ook in die hoogste posisies geplaas. Drie jaar nadat hy matriek geslaag het, het hy die B.A.-graad met onderskeiding behaal en hierdeur 'n beurs van £400 verwerf. Terselfdertyd is 'n Rhodes-beurs van £300 aan hom toegeken vir driejarige studie aan die Universiteit van Oxford. Volgens dr. Nienaber het hy toe getoon dat hy "deur en deur 'n Afrikaner was – nie alleen in teorie nie", want hy het die Rhodes-beurs van die hand gewys "omdat hy nie geld kon aanneem van 'n man wie se politiek hy verfoei het nie" en "omdat hy hom nie met die Britse imperialisme kon vereenselwig waarvan C.J. Rhodes vir hom die sinnebeeld was nie". Met hierdie besluit, "waardeur hy ook aansienlike stoflike voordeel prysgegee het, tree die nasietrots en vaderlandsliefde wat steeds sy optrede sou kenmerk, reeds sterk te voorskyn en verwerf hy die agting van tydgenote en selfs van andersdenkendes".
links|300px|duimnael|Die redaksie van Ons Moedertaal, Stellenbosch (van links): prof. J.J. Smith, dr. Tobie Muller en Gordon Tomlinson.
Dit was omstreeks dié tyd dat hy vir die eerste keer aan sy moeder sy besluit bekendgemaak het om sy lewe aan die evangeliebediening te wy. Hy het hom na die Kweekskool gewend waar hy aan die einde van 1905 die admissie-eksamen met die hoogste lof afgelê het. Aan die einde van die volgende jaar het hy ook nog die M.A.-graad in wysbegeerte verwerf aan die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop en in 1909 die B.D.-graad van die Londense universiteit.
Intussen het hy ook in 1908 die kandidaatseksamen aan die teologiese kweekskool met lof afgelê. Hy het aan die begin van 1910 na Europa vertrek waar hy meer as drie jaar sou studeer. Eers het hy in 1909 die B.D.-graad aan die Universiteit van Londen verwerf. Aan die Universiteit van Utrecht het hy net 18 maande studeer tot hy in 1912 onder prof. H. Visscher met lof gepromoveer het tot doktor in die teologie met 'n proefskrif oor die pragmatisme. Omdat die onderwerp van sy dissertasie veral vir die Britse filosofie van belang was, het hy reeds 'n paar maande tevore as student aan die Universiteit van Edinburg ingeskryf, die proefskrif in Engels verwerk, en ook daar in Maart 1913 onder prof. H.S. Pringle-Pattison met lof in die wysbegeerte gepromoveer.
Sy lywige doktorale proefskrif in godgeleerdheid is deur sy vakgenote ontvang as "'n belangrike bydrae tot die wysbegeerte". Albei promotors het die kandidaat lof toegeswaai, en Visscher het hom beskou as verreweg die bekwaamste Afrikaner-student wat hy geken het. J.A. Bosch skryf sy doelwit was nie die verwerwing van grade nie; daarvoor was hy te nederig en beskeie, maar "elke eksamen was vir hom 'n doelwit en 'n prikkel tot gereelde en sistematiese studie. Sy verstandelike gawes en onvermoeide vlyt het altyd na 'n probleem gesoek waarop hy kon konsentreer, en in die verwerwing van 'n graad het hy die nodige gekry wat eenheid en kontinuïteit aan sy studie verleen het". Nietemin het hy hom nooit uitsluitlik by sy eksamenwerk bepaal nie, maar hy het ook wyer gelees. Hy het selfs 'n studie van Duits en Frans gemaak om die letterkunde in dié twee stamtale te kon geniet en waardeer.
Terwyl hy nog 'n student was, het Muller op sportgebied, veral in rugby, uitgeblink en aktief aan die verenigingslewe deelgeneem. Hy was een van die ywerigste stryders van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy was een van die stigters en eerste voorsitter van die Stellenbosse tak van die Afrikaanse Taalvereniging wat in Oktober 1907 gestig is en spoedig een van die belangrikste takke van die ATV geword het. Ná sy terugkeer uit Europa het hy dadelik weer die leiding in die beweging geneem waarin hy met groot bekwaamheid, diepe oortuiging en geesdrif vir die erkenning van Afrikaans op elke gebied geywer het. J.A. Bosch skryf: "Hy was die inspirasie, die siel, die vurige kampvegter vir Afrikaans en sou trag om Afrikaans 'op elke gebied in ons maatskaplike en politieke lewe, in alle kringe van die laer en hoër onderwys, ja, ook in die eerbiedwaardigste heiligdomme tot sy reg te laat kom' ".
Taalstryder duimnael|links|230px|Dr. Muller was drie jaar lank studenteleraar in die moederkerk op Stellenbosch.
As gevolg van sy oortuigende pleidooi het die ATV in 1914 die maandblad Ons Moedertaal opgerig met dr. Muleler, prof. J.J. Smith en Gordon Tomlinson (1889–1956) as die redaksie. Nadat dit van November 1914 tot Augustus 1915 weens binnelandse politieke omstandighede tydelik gestaak is, is hierdie tydskrif wat die saak van Afrikaans geesdriftig bepleit het, in Mei 1916 verenig met die nuwe maandblad Die Huisgenoot onder redaksie van prof. Smith.
In 1914 het dr. Muller baanbrekerswerk vir Afrikaans as kanseltaal verrig toe hy die eerste preek in Afrikaans op Stellenbosch lewer. Die verontwaardigde kerkraad het geëis dat hy voortaan in sy preke net Nederlands sou gebruik. Hierop het dr. Muller as predikant bedank. Die vrede is egter herstel met 'n vergelyk waardeur hy slegs by sekere geleenthede vir studente in Afrikaans sou preek. Daarmee is egter die eerste oorwinning teen vooroordeel en konserwatisme behaal.
Dr. Muller was in hierdie tyd op openbare vergaderings 'n gewilde spreker as kampvegter vir Afrikaans. Met sy buitengewone verstandelike gawes, sy geesdrif en sy bekoorlike persoonlikheid, het hy meer as iemand anders op Stellenbosch die voortou geneem om die beweging aan die gang te sit wat later op die triomf van Afrikaans as erkende taal van skool, kerk en staat sou uitloop.
Predikant duimnael|regs|170px|Dr. Tobie Muller as predikant van die NG gemeente Philippolis. duimnael|regs|210px|Die NG kerk op Philippolis, hier afgeneem tydens dr. Muller se dienstyd (1916 tot 1918).