Diklofenak 220px Chemie Chemiese formule C14H11Cl2NO2 Molêre massa 296.148 g/mol Voorkoms wit, kristallyn CAS-nommer 15307-86-5 Farmakokinetika Biobeskikbaarheid Proteïengebonde >99% Metabolisme Lewer Halfleeftyd 1.2 tot 2 uur 200px|duimnael|regs|Bal-en-stokkie model van diklofenak
Diklofenak (INN, sien handelsname onder) is 'n nie-steroïd anti-inflammatoriese middel (NSAIM) wat gebruik word om inflammasie te verminder; as 'n pynstiller verminder dit ook pyn in meeste gevalle.
Die naam "diklofenak" is afgelei van die chemiese naam: 2-(2,6-dichloor-anilien)-fenielasynsuur. Diklofenak is oorspronklik in 1973 in Switserland deur CIBA-GEIGY (nou Novartis) ontwikkel. Dit is die eerste keer in 1979 in die Verenigde Koninkryk vrygestel.
In die Verenigde Koninkryk, Indië, Brasilië, Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika, word diklofenak verskaf as óf die natrium- of die kaliumsout. Diklofenakkalium is veral bruikbaar in 'n wateroplosbare formulering waar pynverligting dadelik benodig word. Diklofenak is beskikbaar as 'n generiese middel in 'n hele aantal formulerings, insluitend diklofenakdiëtielamien, wat plaaslik aangewend word (smeer aan die vel). Goedkeuring is in die meeste lande verleen vir oor-die-toonbank (OTC)-gebruik vir ligte pyn, asook pyn en koors wat verband hou met algemene infeksies.
Toepassingsgebiede Die mees algemene gebruik van diklofenak is vir pyn of inflammasie wat verband hou met muskuloskeletale beserings of afwykings. Veral op hierdie gebied is dit dikwels nie moontlik om duidelik te onderskei tussen pyn wat deur beserings of inflammasie veroorsaak word nie. Moontlike areas van toepassing vir diklofenak is akute gewrigsontsteking insluitend jigaanvalle, chroniese inflammasie van die gewrigte of pynlike swelling of ontsteking na beserings of operasies. Daarbenewens word diklofenak gebruik in inflammatoriese vorme van rumatiek en in sagteweefselrumatiek. Dit word ook as 'n "pyngel" (vir pyn, inflammasie en rumatiek) verkoop.
'n Paar handelsname
Arthrotec ® (kombinasie met misoprostol) Betaren ® Cataflam-D ® Diclofenac-SR ® Diclofenac-Asteria ®(VSA en Korea) Dicloflam ® (Suid-Afrika) Diclopar ® (Tanzanië) Dycloject ® Fenac ® (diklofenakkalium, Australië) Panamor ® Sandoz-diclofenac ® Veltex CR ® (Suid-Afrika) Voltaren ® (Argentinië, Australië, België, Egipte, Frankryk, Duitsland, Nieu-Seeland, Norweë, Portugal, Rusland, Suid-Afrika, Turkye) Voltaren ® Emulgel (Australië, Suid-Afrika, Kanada, Nieu-Seeland, VK) Voltaren ® Gel (VSA)
Verwysings
duimnael|links|Voltaren ® 25mg-tablette
Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys