Ibuprofeen 220px 220px Chemie IUPAC naam(RS)-2-(4-(2-metielpropiel)-feniel)-propanoësuur Chemiese formule C13H18O2 Molêre massa 206.29 g/mol Voorkoms wit, kristallyn CAS-nommer CAS_number = 15687-27-1 Farmakokinetika Biobeskikbaarheid 49–73% Proteïengebonde 99% Metabolisme Lewer (CYP2C9-ensiem) Uitskeiding Niere Halfleeftyd 1.8 tot 2 uur 300px|duimnael|'n Bal-en-stokkie model van Ibuprofeen

Ibuprofeen (INN) (Isobutielpropanoë-fenoliese suur) is 'n nie-steroïde anti-inflammatoriese middel (NSAIM) wat gebruik word vir die verligting van pyn en koors, en die vermindering van inflammasie.

Ibuprofeen verminder die plaatjiekleefbaarheid in bloed, maar is relatief flou en hou van korte duur in vergelyking met aspirien of voorskrif teenstollingsmiddels. Dit het ook 'n vasodilatoriese effek. Ibuprofeen is 'n kernmedisyne in die Wêreldgesondheidsorganisasie se modellys van noodsaaklike medisyne wat nodig geag word om die minimum mediese behoeftes van 'n basiese gesondheidsorgstelsel te ondersteun.

Ibuprofen is afgelei van propanoësuur deur navorsing by die "Boots Company" gedurende die 1960's en gepatenteer in 1961. Oorspronklik bemark as Brufen ®, is ibuprofeen beskikbaar onder 'n verskeidenheid van gewilde handelsmerke, insluitend Nurofen ®, Advil ®, Mybulen ®, Myprodol ® (kombinasieproduk), Ibupain ®, Ibufen ® en vele ander. Generiese formulerings hiervan is ook beskikbaar in die handel.

Verwysings

Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys