Siprofloksasien 220px Chemie Chemiese formule C17H8FN3O3 Molêre massa 331.346 g/mol CAS-nommer 85721-33-1 Farmakokinetika Biobeskikbaarheid 69% Proteïengebonde Metabolisme Lewer, ook CYP1A2 Metabolisme Niere Halfleeftyd 4 uur 250px|duimnael|regs|Bal-en-stokkie model van Siprofloksasien
Siprofloksasien is 'n tweede-generasie fluorokinoloon antibiotikum. Die spektrum van aktiwiteit sluit in die meeste stamme van bakteriële patogene verantwoordelik vir respiratoriese, urinêre, maag, en abdominale infeksies, insluitend Gram-negatiewe bakteriese patogene. Siprofloksasien en ander fluorokinolone word van waarde geag omrede hul breë spektrum van aktiwiteit, uitstekende weefselbinnedringing en vir hul beskikbaarheid in beide mondelinge en binneaarse formulerings.
Aktiwiteit teen stamme van bakteriële patogene Gram-negatiewe bakterieë Escherichia coli (veroorsaak voedselvergiftiging) Haemophilus influenzae (veroorsaak griep) Klebsiella pneumoniae (veroorsaak longontsteking) Legionella pneumophila Moraxella catarrhalis (veroorsaak lugweginfeksie, sinusitis, oog- en oorinfeksie) Proteus mirabilis (veroorsaak nier- en urienweginfeksie) Proteus vulgaris Pseudomonas aeruginosa
Gram-positiewe bakterieë Staphylococcus aureus (veroorsaak oor-, urienweg- en lugweginfeksie) Streptococcus pneumoniae (veroorsaak griep en longontsteking) Staphylococcus epidermidis (kom natuurlik voor op die vel) Enterococcus faecalis Streptococcus pyogenes
Gastro-intesinale infeksies veroorsaak deur Camphylobacter jejuni Escherichia coli Shigella flexneri Shigella sonnei
Beskikbare doseervorme Siprofloksasien (Engels: "Ciprofloxacin") is beskikbaar vir sistemiese toediening as onmiddellike vrystellingtablette, ook verlengde vrystelling tablette, as 'n orale suspensie, en as 'n oplossing vir binneaarse infusie. Dit is ook beskikbaar in oog- en oordruppels.
duimnael|190px|Siprofloksasien (Ciprobay ®) 500mg tablette van Bayer
Verwysings
Kategorie:Antibiotika Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys