Stanislas "Stan" Wawrinka (Frans: [stanislas vavʁiŋka]; gebore 28 Maart 1985) is 'n Switserse professionele tennisspeler. Hy is ook 'n Duitse burger, omdat sy vader 'n Duitser van Tsjeggiese afkoms is.
Wawrinka begin op 14-jarige ouderdom om aan internasionale junior-toernooie deel te neem. Hy verlaat skool op 15 om op tennis te fokus, maar sit sy studies deur afstandsonderrig voort. Sedert 2002 speel hy professioneel tennis. In 2005 word hy op die ATP-ranglys onder die beste 100 tennisspelers geplaas. In 2006 haal hy die top 50- en in 2008 die top 10-lys van spelers.
Tydens die Australiese Ope van 2014 wen hy sy eerste Grand Slam-toernooi. Hy skakel die tweede gekeurde Novak Djokovic tydens die kwarteindronde in 5 stelle uit. In die eindstryd wen hy die eerste gekeurde Rafael Nadal met 'n telling van 6–3, 6–2, 3–6 en 6–3. Hiermee skuif hy tot die nommer 3 posisie op die ATP se ranglys op. Tydens die Franse Ope van 2015 wen hy sy tweede Grand Slam-toernooi en tydens die VSA-Ope van 2016 sy derde.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Stanislas Wawrinka tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2013 duimnael|links|upright|Stanislas Wawrinka tydens die Olimpiese Somerspele 2012 Die tabel toon Wawrinka se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2005 Beseer Rondte 3 Rondte 1 Rondte 32006 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 32007 Rondte 3 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 42008 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 42009 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 12010 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 1 Kwarteindstryd2011 Kwarteindstryd Rondte 4 Rondte 2 Rondte 22012 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 42013 Rondte 4 Kwarteindstryd Rondte 1 Halfeindstryd2014 Wenner Rondte 1 Kwarteindstryd Kwarteindstryd2015 Halfeindstryd Wenner Kwarteindstryd Halfeindstryd2016 Rondte 4 Halfeindstryd Rondte 2 Wenner2017 Halfeindstryd Eindstryd Rondte 1 Beseer2018 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 32019 Rondte 2 Kwarteindstryd Rondte 2 Kwarteindstryd2020 Kwarteindstryd Rondte 3 Toernooi nie gehou nie Nie deelgeneem nie2021 Rondte 2 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie2022 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 1 Rondte 12023 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 32024 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 12025 Rondte 1 Rondte 1 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie2026 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 1
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Stanislas Wawrinka se ATP-profiel Stanislas Wawrinka se ITF-profiel
Kategorie:Switserse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers