duimnael|350px|’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n groot meteoriet wat die Aarde tref.

Die Kryt-Paleogeen-uitwissing (K-Pg-uitwissing) was een van die "Groot Vyf" uitwissingsvoorvalle in die Aarde se geskiedenis toe driekwart van die Aarde se plante en diere, insluitende alle nievlieënde dinosourusse, 66 miljoen jaar gelede binne ’n geologies kort periode uitgesterf het. Die uitwissing dui die grens aan tussen die geologiese periodes Kryt (die laaste periode van die Mesosoïese Era) en Paleogeen (die eerste periode van die Kainosoïese Era).

duimnael|’n Rots in Wyoming, VSA, met ’n middelste laag (die K-Pg-grens) wat 1 000 keer meer iridium bevat as die boonste en onderste lae. (San Diego Natural History Museum). duimnael|Groot seereptiele soos dié is aan die einde van die Kryt uitgewis. In die geologiese rekord word die uitwissing aangedui deur ’n dun rotslaag, die Kryt-Paleogeen-grens, wat regdeur die wêreld in see- en aardrotse gevind word. Dit bevat hoë vlakke van die metaal iridium, wat seldsaam in die aardkors is, maar volop in asteroïdes voorkom.

Daar word algemeen geglo die K-Pg-uitwissing is veroorsaak deur ’n groot komeet of asteroïde wat die Aarde getref het en ’n katastrofale uitwerking op die omgewing gehad het, insluitende ’n lang impakwinter (weens stof en as wat die Son se strale afkeer), wat dit vir plante onmoontlik gemaak het om fotosintese uit te voer. Dié teorie is ondersteun deur die ontdekking van die 18 km wye Chicxulub-krater in die laat 1970's in die Golf van Meksiko,Hildebrand, A. R., G. T. Penfield, et al. (1991). "Chicxulub crater: a possible Cretaceous/Tertiary boundary impact crater on the Yucatan peninsula, Mexico." Geology 19: 867-871. wat onteenseglik bewys het dat die K-Pg-grens afval van ’n asteroïde-impak verteenwoordig.Schulte, P.; Alegret, L.; Arenillas, I.; Arz, J. A.; Barton, P. J.; Bown, P. R.; Bralower, T. J.; Christeson, G. L.; Claeys, P.; Cockell, C. S.; Collins, G. S.; Deutsch, A.; Goldin, T. J.; Goto, K.; Grajales-Nishimura, J. M.; Grieve, R. A. F.; Gulick, S. P. S.; Johnson, K. R.; Kiessling, W.; Koeberl, C.; Kring, D. A.; MacLeod, K. G.; Matsui, T.; Melosh, J.; Montanari, A.; Morgan, J. V.; Neal, C. R.; Nichols, D. J.; Norris, R. D.; Pierazzo, E. (5 Maart 2010). "The Chicxulub Asteroid Impact and Mass Extinction at the Cretaceous- Paleogene Boundary |". Science 327 (5970): 1214–1218. Bibcode:2010Sci...327.1214S.doi:10.1126/science.1177265 Die feit dat die uitwissing op dieselfde tyd plaasgevind het as die impak, is ook ’n bewys dat die uitwissing deur die asteroïde veroorsaak is.

Daar is egter wetenskaplikes wat glo die uitwissing is veroorsaak of vererger deur ander faktore soos vulkaniese uitbarstings,Keller, G. (2012). The Cretaceous--Tertiary Mass Extinction, Chicxulub Impact, and Deccan Volcanism. Earth and Life, Springer: 759--793. klimaatsveranderings en/of ’n verandering in seevlakke.

’n Groot verskeidenheid spesies het in die K-Pg-uitwissing omgekom. Die bekendste slagoffers was die nievlieënde dinosourusse. Ander organismes is egter ook erg geraak, soos soogdiere, voëls, pterosourusse, akkedisse,Longrich, N. R., A.-B. S. Bhullar, et al. (2012). "Mass extinction of lizards and snakes at the Cretaceous-Paleogene boundary." Proceedings of the National Academy of Sciences insekte,Labandeira, C. C., K. R. Johnson, et al. (2002). "Preliminary assessment of insect herbivory across the Cretaceous-Tertiary boundary: major extinction and minimum rebound." Geological Society of America Special Paper 361: 297-327. en plante.Nichols, D. J. and K. R. Johnson (2008). Plants and the K–T Boundary. Cambridge, Cambridge University Press. In die oseane is groot seereptiele, visse, haaie, weekdiere en baie soorte plankton swaar getref. Daar word geraam dat tot 75% van die spesies op Aarde kon verdwyn het.Jablonski, D., 1994. Extinctions in the fossil record (and discussion). Philosophical Transactions of the Royal Society of London, Series B. 344, 11-17.

Die verwoesting wat deur die uitwissing veroorsaak is, het egter ook evolusiegeleenthede geskep. Ná die voorval het baie diergroepe skielike en groot veranderings ondergaan en is nuwe lewensvorme geskep wat die ekologiese nisse gevul het wat deur die uitwissing leeg gelaat is. Soogdiere het veral in die Paleogeen gediversifiseer en nuwe vorms aangeneem soos perde, walvisse, vlermuise en primate. Voëls, visse en dalk akkedisse het ook versprei.

Patrone van uitwissing links|duimnael|350x350px|'n Trop Alamosaurus. Alle nievlieënde dinosourusse is uitgewis in die Kryt-Paleogeen-uitwissing. Die K-Pg-uitwissing was ’n wêreldwye gebeurtenis. Dit het al die kontinente oënskynlik terselfdertyd getref. Dinosourusse het byvoorbeeld voorgekom van Noord-Amerika tot Europa, Asië, Afrika, Suid-Amerika en Antarktika,Weishampel, D. B., P. M. Barrett, et al. (2004). Dinosaur Distribution. The Dinosauria. D. B. Weishampel, P. Dodson and H. Osmolska. Berkeley, University of California Press: 517-606. maar word sedert die Kainosoïkum nêrens ter wêreld aangetref nie. Net so het stuifmeelfossiele getoon plante in verafgeleë streke soos Nieu-Meksiko, Alaska, China en Nieu-Seeland is geraak. Die uitwissing het ook beide die see en land gelyktydig getref.

Die fossielrekords toon die uitwissing het oor ’n relatief kort tydperk van 1 000 jaar of minder gebeur. In sommige gevalle kan fossiele in K-Pg-rotse op baie fyn skaal bestudeer word – sentimeter vir sentimeter. Fossiele van stuifmeel en plankton toon dat die ekosisteem op plekke relatief stabiel was, tot met die K-Pg-grens, toe baie spesies skielik verdwyn het. Vir groepe met ’n swakker fossielrekord, soos dinosourusse, is dit onwaarskynlik dat fossiele net onder die K-Pg-grens gepreserveer sal word. Daar is byvoorbeeld net ’n paar dosyn Tyrannosourus-geraamtes gevind, en die kans om een te vind ’n paar sentimeter onder die grens, is klein. Hierdie effek, bekend as die Signor-Lipps-effek, veroorsaak dat dit lyk of baie spesies voor die the K-Pg-grens verdwyn het, en dit skep die illusie van geleidelike uitwissing.

Beter monsters het egter gewys dat groepe wat voorheen vermoedelik geleidelik uitgesterf het, soos dinosourusse, eintlik skielik naby die K-Pg-grens verdwyn het. Wanneer erosie fossiele uit ouer deposito's ontbloot en hulle dan vasgevang word in jonger deposito's, kan dit ook lyk of die uitwissing geleidelik gebeur het. So is dinosourus-fossiele in Montana gevind langs fossiele van soogdiere; dit laat dit voorkom of dinosourusse nog voorgekom het terwyl soogdiere versprei het. Sulke fossiele is egter maklik herkenbaar omdat hulle skaars en dikwels beskadig is. Dié patrone is baie belangrik om die redes vir uitwissings te verstaan.

Die uitwissing was ook baie selektief. Sommige groepe is feitlik nie geraak nie, ander is grootliks verwoes en nog ander is heeltemal uitgewis. Baie spesies alligators, skilpaaie en salamanders het byvoorbeeld oorleef. Soogdiere, voëls en akkedisse is erg geraak. Nievlieënde dinosourusse en die pterosourusse is heeltemal uitgewis.

Spesies wat van fotosintese afhanklik is, het agteruitgegaan of uitgesterf weens stof en as wat die sonlig geblokkeer het. Dit het ’n groot herskommeling teweeggebring in die dominante plantgroepe. Organismes wat fotosinteer, het net soos vandag in die laat-Kryt die basis van die voedselketting gevorm. Plantetende diere het uitgesterf toe die plante waarvan hulle afhanklik was, skaars geraak het. Dit het weer tot gevolg gehad dat roofdiere soos Tyrannosaurus rex ook uitgesterf het.

Mikrobiota Die K-Pg-grens verteenwoordig een van die mees drastiese skommelings in die fossielrekord vir verskeie kalkagtige nanoplankton, wat die deposito's gevorm het wat aan die Kryt-periode sy naam gee. Dit kan duidelik op spesievlak gesien word. Die K-Pg-grensrekord van sweepdiertjies word nie ewe goed verstaan nie, hoofsaaklik omdat net mikrobiese siste ’n fossielrekord het en nie alle sweepdiertjie-spesies sistvormende stadiums het nie; daarom word hul diversiteit waarskynlik onderskat. Onlangse studies het getoon daar was nie groot veranderings onder sweepdiertjies naby die grens nie.

Straaldiertjies het ’n geologiese rekord gelaat sedert die tyd van die Ordovisium, en hul minerale fossiele kom oor die K-Pg-grens voor. Daar is geen bewyse van ’n massauitwissing nie, maar wel van hoë produktiwiteit tydens die vroeë Paleoseen danksy koeler temperature. Sowat 46% van kristalwier-spesies het die oorgang na die Paleoseen oorleef.

Die voorkoms van plankton-foraminifere oor die K-Pg-grens word sedert die 1930's bestudeer. Talle spesies seebodem-foraminifere is uitgewis, moontlik omdat hulle van organiese afval afhanklik was vir voedingstowwe en die biomassa in die oseane na verwagting afgeneem het. Aangesien die mariene mikrobiota herstel het, word egter geglo dit het gelei tot ’n toename in die spesies van seebodem-foraminifere. Die herstel van seebodem-foraminifere het oor verskeie fases gebeur wat verskeie honderdduisende jare geduur het, tot vroeg in die Paleoseen.

Mariene ongewerweldes duimnael|200px|Die ammoniet Discoscaphites iris, ’n fossiel uit Ripley, Mississippi. duimnael|200px|Fossiele van rudiste, tweekleppige skaaldiere, uit die laat-Kryt in die Verenigde Arabiese Emirate. Die gebrek aan fossielrekords van mariene ongewerweldes maak dit moeilik om die omvang van hul uitwissing te bepaal.

Sowat 60% van Scleractinia-koraalgenera uit die laat-Kryt het nie die uitwissingsvoorval oorleef nie. Navorsing toon sowat 98% van koloniale spesies, dié wat in die warm, vlak tropiese water voorgekom het en waarvoor fotosintese belangrik was, is uitgewis. Alleenstaande koraal, wat gewoonlik nie riwwe vorm nie en in dieper, koeler water voorkom, is minder geraak.

Die getalle genera van koppotiges, stekelhuidiges en tweekleppige skaaldiere het ’n groot afname getoon ná die K-Pg-grens. Die meeste spesies armpotiges, ’n klein filum mariene ongewerweldes, het die uitwissing oorleef en in die vroeë Paleoseen gediversifiseer.

Buiten nautiloïdeë (wat verteenwoordig word deur die moderne orde Nautilida) en inkvisse (wat reeds gesplits het in moderne seekatte, pylinkvisse en tjokka) het alle ander spesies van die weekdierklas Cephalopoda by die K-Pg-grens uitgesterf. Dit sluit in die ekologies belangrike Belemnoidea, sowel as die Ammonoidea of ammoniete, ’n subklas baie uiteenlopende, talryke en wydverspreide hardedop-koppotiges. Navorsers wys daarop dat die voortplantingstrategie van die oorlewende Nautilida (minder en groter eiers) ’n rol gespeel het in die feit dat hulle oorleef het en die Ammonoidea nie. Laasgenoemde het meer en kleiner eiers gelê, en die uitwissingsvoorval het ’n verwoestende uitwerking daarop gehad. Ná die uitwissing van die Ammonoidea het die Nautilida ’n evolusie ondergaan met dopvorms en kompleksiteite wat voorheen onbekend was in dié subklas.

Sowat 35% van die genera stekelhuidiges het uitgesterf by die K-Pg-grens, hoewel taksons wat by lae breedteliggings in vlak water floreer het, die swaarste getref is. Diepwater-stekelhuidiges by medium breedteliggings is baie minder geraak.

Visse Daar is heelwat fossielrekords van kaakdiervisse oor die K-Pg-grens, wat ’n goeie aanduiding van uitwissingspatrone van dié klasse mariene gewerweldes gee. In die klas Chondrichthyes het sowat 80% van die haai-, kraakbeenvis- en Rajidae-families die uitwissing oorleef, en meer as 90% van die Teleostei (beenvis)-families.

Ongewerweldes op land Insekskade aan gefossileerde blare van blomplante op 14 terreine in Noord-Amerika is ontleed om ’n idee te kry van die diversiteit van insekte oor die K-Pg-grens heen. Navorsers het gevind Kryt-terreine het voor die uitwissing ’n groot verskeidenheid plante gehad met heelwat tekens van insekte wat hulle vreet. Tydens die vroeë Paleoseen was daar egter min tekens van plundering deur insekte, selfs 1,7 miljoen jaar ná die uitwissing.

Landplante