Tahiti (Frans: [taˌiti]) is die grootste van die Bowindse Eilande in Frans-Polinesië; dié Franse oorsese gebied is deel van die Geselskapseilande in die Stille Oseaan.
Die eiland word in twee dele verdeel: die groot noordwestelike deel, Tahiti Nui, en die klein suidoostelike deel, Tahiti Iti. Die eiland is deur vulkaniese aktiwiteit gevorm en is hoog en bergagtig, met omringende koraalriwwe. Die bevolking is 183 645 (volgens die 2012-sensus), die grootste van die eilande van Frans-Polinesië; dit is sowat 68,5% van die totale bevolking.Chart of the Island Otaheite, by Lieut. J. Cook 1769 . National Maritime Museum. nmm.ac.uk
Tahiti is die ekonomiese, kulturele en politieke sentrum van Frans-Polinesië. Die hoofstad, Papeete, is aan die noordweskus geleë. Die Franse oorsese gebiede se enigste internasionale lughawe is 5 km van die middestad af.
Polinesiërs het hulle tussen 300 en 800 n.C. op die eiland gevestig. Hulle maak sowat 70% van die eilandbewoners uit; die res is wit mense, Chinese en van gemengde afkoms.
Die eiland was deel van die Koninkryk Tahiti totdat dit in 1880 deur Frankryk geannekseer is en dit ’n Franse kolonie geword het. Inheemse Tahitiane is eers in 1946 toegelaat om wetlik Franse burgers te word. Frans is die enigste amptelike taal, hoewel Tahitiaans (Reo Tahiti) algemeen gepraat word.
Tahiti het skilderagtige strande met swart sand, berge en woude. Klapperbome groei aan die kus. Dit het onder meer bekend geword omdat die Franse skilder Paul Gauguin ’n paar jaar hier gewoon en gewerk het.
Geografie duimnael|links|Tahiti uit die lug afgeneem. duimnael|Die uitsig van Tahiti Iti op Tahiti Nui. duimnael|Berg Aorai is die tweede hoogste berg. Tahiti is die hoogste en grootste eiland in Frans-Polinesië en lê naby die eiland Moorea. Dit is 4 400 km suid van Hawaii, 7 900 km van Chili en 5 700 km van Australië af.
Op sy breedste is dit 45 km en dit beslaan ’n gebied van 1 045 km². Die hoogste punte is Berg Orohena (2 241 m) en Berg Aorai (2 066 m). Berg Roonui in die suidooste is 1 332 m hoog. Die eiland bestaan uit twee rofweg ronde dele wat om vulkaanberge gesentreer is en deur ’n smal strook land verbind word wat na die dorpie Taravao genoem is wat daar lê.
Die noordwestelike deel is bekend as Tahiti Nui ("Groot Tahiti") en die kleiner suidoostelike deel as Tahiti Iti ("Klein Tahiti"). Tahiti Nui is digbevolk aan die kus, veral om die hoofstad, Papeete.
Die binneste deel van Tahiti Nui is feitlik heeltemal onbewoon.Population Densité de population. Atlas démographique 2007. ispf.pf Tahiti Iti het afgeleë gebly omdat die suidoostelike deel daarvan net per boot of te voet bereik kan word. Die res van die eiland word omring deur ’n hoofpad wat tussen die berge en die see loop.
’n Panoramiese, kronkelende binnepad loop tussen suiwelplase en sitrusboorde deur. Tahiti het welige reënwoude en baie strome, onder meer die Papenoorivier aan die noordekant.
Flora duimnael|links|Plantegroei in die binneland. duimnael|links|’n Tradisionele huis met ’n welige tuin. Die Frans-Polinesiese plantegroei word deur twee eienskappe gekenmerk: ’n hoë getal inheemse plante, maar min spesies. Die afsondering van die eilande en die feit dat hulle nooit aan ’n vasteland verbind was nie, verduidelik die baie inheemse plante. In die suidelike Stille Oseaan het die plante van wes na oos versprei, met die gevolg dat die biodiversiteit na die ooste afneem. Eilande in die weste soos Nieu-Guinee en Nieu-Kaledonië het veel meer spesies as Tahiti. Verder oos het die Pitcairneilande en Paaseiland weer minder spesies.
Die bergagtige dele is met welige plante en grootliks ongerepte reënwoude bedek. In die heeltyds vogtige en skaduryke valleie groei varings, insluitende talle inheemse spesies. Varings maak sowat 30% van Polinesiese plante uit.
Die Polinesiërs het tradisioneel talle blomplante geplant vir gebruik op hul feeste en godsdiensseremonies, soos die hibiskus, die Gardenia tahitensis waarvan monoi-olie gemaak word, die bougainvillea en die welriekende jasmyn wat vandag nog in tuine aangetref word.
Die mens het die flora van die digbevolkte eiland in ’n groot mate verander. Reeds die eerste Polinesiese setlaars het plante saamgebring wat nie inheems aan Tahiti was nie, soos die taro. Om die terrasvelde vir die kweek van taro aan te lê is die landskap in die vroegste geskiedenis dus al grootliks verander.
Die Europeërs het nog uitheemse plante gebring, wat die inheemse flora taamlik verdring het. ’n Voorbeeld is koejawels wat van Suid-Amerika ingevoer is. Die plant het op Tahiti floreer en selfs ongerepte dele van die eiland oorgeneem en inheemse plante bedreig.
In die middel 19de eeu het die Franse vanielje op die eiland geplant – dit word vandag uitgevoer en is gewild vanweë die hoë gehalte daarvan.
Fauna Die eiland se grootste diere is almal deur die mens daarheen gebring. Die eerste setlaars het honde, varke, hoenders en die Polinesiese rot saam met hulle gebring. Die Europeërs het met bokke, beeste, skape en perde geteël. Die inheemse fauna het grootliks bestaan uit insekte, krappe, slakke en akkedisse.
Inheemse voëls soos die rooisnawelral, die Tahiti-parkiet en Tahiti-duif het uitgesterf ’n paar jaar ná die aankoms van die Europeërs. Vandag kom nog die baie seldsame Tahiti-monarg (Pomarea nigra), die grysgroenvrugteduif (Ptilinopus purpuratus), die bedreigde Tahiti-vrugteduif (Ducula aurorae) en die Tahiti-visvanger (Todirhamphus Veneratus) nog hier voor.
Daar is geen diere, soos slange, wat vir die mens gevaarlik is nie. Sandvlooie kom op die strande voor en daar is volop muskiete.
Die seelewe van die koraalrif is besonder ryk aan spesies. Benewens honderde verskillende soorte koraalvis, kan duikers en snorkelduikers baie weekdiere, seekatte, stekelhuidiges en skaaldiere sien. Agter die rif is haaie, rogge, swaardvis, seeskilpaaie en soms, veral tussen Augustus en November, walvisagtiges.
Klimaat November tot April is die nat tyd van die jaar. Desember is die natste maand met 317 mm reën. September is die droogste maand met 46 mm.
Die gemiddelde temperatuur wissel tussen 20,5 en 30,8 °C en daar is nie ’n groot verskil tussen seisoene nie. Die laagste en hoogste temperatuur wat in Papeete gemeet is, is onderskeidelik 16 en 34 °C.Papeete, French Polynesia . Weatherbase.com. URL besoek op 31 Julie 2016.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis Die eerste Tahitiane het omstreeks 200 v.C. uit Suidoos-Asië op die eiland aangekomP.V. Kirch: On the Road of the Winds – An Archaeological History of the Pacific Islands Before European Contact; Berkeley, Los Angeles, Londen 2002, ble. 230–231 via Fidji, Samoa en Tonga. Hierdie hipotese word ondersteun deur ’n aantal taal-, biologiese en argeologiese bewyse. Die tale van Fidji en Polinesië behoort byvoorbeeld almal tot dieselfde Oseaniese subgroep, Maleis-Polinesiese tale, wat op hul beurt deel is van die groot familie Austronesiese tale.
duimnael|links|Berg Raiatea. Die mummies van Tahitiaanse heersers is voorheen gelaat op dié berg, wat tradisioneel as heilig beskou is. Dié emigrasie van etlike honderde kilometers oor die see is moontlik gemaak deur vlerkproue (’n soort kano) van tot 20 of 30 m lank wat gesinne sowel as diere kon vervoer. In 1769 noem James Cook ’n groot tradisionele skip (va'a) in Tahiti wat 33 m lank was en waarmee geseil of geroei kon word.Laneyrie-Dagen, bl. 148 In 2010 het ’n ekspedisie op ’n eenvoudige vlerkprou met ’n seil teruggevaar op die roete van Tahiti na Asië.O Tahiti Nui Freedom au bout de son rêve . Lesnouvelles.pf (20 November 2010). URL besoek op 26 Julie 2013.
Die Tahitiaanse gemeenskap het bestaan uit stamme en gebiede wat gebaseer was op militêre mag en verwantskap tussen onderskeie clans. Die belangrikste clan was die Teva,Bernard Gille, Antoine Leca (2009) Histoire des institutions de l'Océanie française: Polynésie, Nouvelle-Calédonie, Wallis et Futuna, L'Harmattan, wie se gebied gestrek het vanaf die skiereiland in die suide van Tahiti Nui. Hulle was verdeel in die Teva i Uta (Teva van die Binneland) en die Teva i Tai (Teva van die See), en hul leiers was Amo en Purea.Salvat, bl. 187
’n Clan is gelei deur ’n hoofman (ari'i rahi), adellikes (ari'i) en minder belangrike hoofde ('Īato'ai). Daar is geglo die ari'i was afstammelinge van Polinesiese gode en dat hulle bonatuurlike krag (mana) gehad het. ’n Simbool van hul status was belde wat van rooi vere gemaak was. Die clanleiers het egter nie alleenmag gehad nie; hulle het algemene vergaderings of rade geraadplaag, veral in oorlogstyd.
Die marae was heilige aanbiddingsplekke wat uit klipplatforms bestaan het; dit het dieselfde funksie gehad as soortgelyke strukture in ander Polinesiese beskawings. Die marae was die middelpunt van die geestelike en sosiale lewe van die clan. Gode is hier aanbid en leiers gekroon. Dit was ook die plek waar ander seremonies gehou is, soos voorbereidings vir oorlog, die viering van geboortes en begrafnisrituele. Die soorte marae het gewissel van eenvoudige familieplatforms tot groter bouwerke vir leiers met ’n hoë status. Een van die koninklike marae van Tahiti is Farepu’a, wat gebou is toe Tetuana’e Nui die troon bestyg. Die platforms is beskerm deur ’n algehele en heilige verbod (tapu) – oortreders sou ’n vloek oor hulself bring. Dié term word vandag ook in ander tale aangetref (as "taboe" in Afrikaans).
Eerste besoeke deur Europeërs duimnael|Die ontmoeting tussen Samuel Wallis en Purea. Die Portugese seevaarder Pedro Fernandes de Queirós, wat op pad was na Terra Australis, was dalk die eerste Europeër wat Tahiti gesien het. Hy het op 10 Februarie 1606 ’n bewoonde eiland waargeneemJames Burney (1803) A Chronological History of the Voyages or Discoveries in the South Sea or Pacific Ocean, Vol. 5, Londen, bl. 222 wat hy "Sagitaria" genoem het. Dit is egter nie heeltemal seker of dit Tahiti was nie. Dit kon ook Rekareka suidoos van Tahiti gewees het. Volgens ander skrywers was die eerste Europeër wat op die eiland aangekom het die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan Fernández tydens sy ekspedisie van 1576 tot 1577.José Toribio Medina, El Piloto Juan Fernandez, descubridor de las islas que llevan su nombre, y Juan Jufré, armador de la espedición que hizo en busca de otras en los Mares del Sur Santiago de Chile, 1918, herdruk deur Gabriela Mistral, 1974, bl. 169
Die eerste Europeër wat Tahiti volgens bestaande bronne besoek het, was die Engelse luitenant Samuel Wallis, wat oor die wêreld heen gevaar het in die HMS Dolphin. Hy het op 17 Junie 1767Laneyrie-Dagen, bl. 181 in Matavaibaai geland terwyl dit deur ’n vroulike hoof, "Oberea" (Purea), regeer is. Wallis het die eiland "Koning George-eiland" genoem. Die eerste kontak was moeilik, want op 24 en 26 JunieSalvat, bl. 44–45 het sommige Tahitiane probeer om die skip oor te neem, waarskynlik omdat hulle bang was die Engelse gaan permanent bly of omdat hulle die metaalvoorwerpe aan die skip wou hê. Die matrose het op die kano's en die skares op die heuwels geskiet. Die bewoners van die baai se reaksie op dié kragtige aanval was om vir die Engelse offerandes aan te bied om te wys hulle soek vrede. Hierna het Wallis betrekkinge met Purea aangeknoop en 40 dae lank op die eiland gebly, tot 27 Julie.
duimnael|links|Kaptein Cook se aankoms in Matavaibaai, deur William Hodges, lid van Cook se geselskap.