Matthys Michielse Walters (23 Januarie 1930 - 28 Julie 2020) was ’n Afrikaanse digter en dramaturg, wat veral bekendheid verwerf met sy satiriese gedigte.

Lewe en werk Matthys Michielse Walters is op 23 Januarie 1930Verskeie bronne gee ’n alternatiewe geboortedatum van 23 Januarie 1929 aan. Volgens Daniel Hugo se huldigings-artikel in Rapport van 1 November 2015 is Walters egter 85, wat 1930 die geboortejaar maak. Verdere bevestiging is verkry uit die Walters familie-webwerf se genealogiese inligting: http://www.waltersfamilie.co.za/walfeb2008/pafg32.htm op Moorreesburg in die Boland gebore as oudste seun en een van drie kinders van Gerhardus Willem Daniel Walters en Helena Aletta Bester. Hy het ’n ouer suster, Helie Aletta (wat in 1939 op twaalfjarige ouderdom oorlede is), en ’n veel jonger broer, Gerhardus Willem Daniel, wat eers in 1942 gebore is. Sy familie is sakemanne en koringboere in die omgewing en sy oupa, ook M.M. Walters, was ’n bekende in onderwyskringe in die Swartland. Later koop sy ouers die vrugteplaas Onverwacht aan die Leeurivier aan die oostekant van Wellington. Hy gaan skool op sy geboortedorp Moorreesburg en wanneer sy ouers na Wellington verhuis, matrikuleer hy in 1946 aan die Hoër Jongenskool Wellington. Hy studeer verder aan die Hugenote Universiteitskollege op Wellington en behaal ’n B.A.-graad en in 1950 ’n Senior Onderwysdiploma. Daarna studeer hy deeltyds aan die Universiteite van Suid-Afrika en Kaapstad, waar hy in 1972 onder leiding van professor Merwe Scholtz die M.A.-graad verwerf met ’n verhandeling oor Peter Blum getitel “’n Semantiese en morfologiese ondersoek na die ligmomente in die bundel ‘Enklaves van die lig’ van Peter Blum”. Aan die Universiteit van Kaapstad verwerf hy in 1984 ook die Ph.D.-graad met ’n proefskrif oor “Die satire as digsoort: sy ontstaan en sy beoefening in Afrikaans”, wat later in verwerkte vorm gepubliseer word onder die titel “Die tiende muse”. Hy trou met Anna Maria Zuidmeer, oorspronklik van Wellington, en hulle het twee kinders, Ludwig en Sigrid, wat albei in die Paarl skoolgegaan het. Sigrid is ’n kranige atleet en word later Suid-Afrikaanse kampioen in die 800 meter.

In 1950 begin hy onderwys gee, eers in Natal, daarna aan die South African College School (SACS) in Kaapstad en dan aan die Hoërskool Ladismith in die Klein-Karoo. Vanaf 1960 is hy as dosent in Afrikaans verbonde aan die Graaff-Reinet Onderwyskollege en vanaf 1967 aan die Paarl Onderwyskollege. In 1970 word hy dosent en in 1985 medeprofessor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad. In hierdie tyd dien hy op die redaksie van die Tydskrif vir Letterkunde. Aanvanklik bly hy steeds in die Paarl, maar na sy aftrede in 1992 woon hy in Simonstad naby Kaapstad, waar sy vrou hom ses maande na sy aftrede weens kanker ontval.

Skryfwerk Sy eerste verse word in Standpunte opgeneem terwyl hy nog in Graaff-Reinet is en hy publiseer in hierdie tyd ook prosa, veral kinderverhale, in Naweekpos. Hy skryf verskeie skoolliedere, waaronder dié van die Laerskole Simondium en Courtrai in die Paarl en Hugo Rust in Wellington. Die kollegeliedere van die Wellington Onderwyskollege en die Onderwyskollege Boland in die Paarl is ook deur hom geskryf. Hy is veral bekend vir sy vlymskerp satire, wat geen onderwerp as heilig beskou nie. Met sy gedigte versteur hy dan telkens die idille, ondermyn vertroostende persepsies en wys teenstellings in die samelewing en veral godsdiens meedoënloos uit. Uit sy digkuns is dit duidelik dat hy deeglik onderlê is in die teologie en die klassieke en sy werk stel besonder hoë eise aan die leser se begripsvermoë. Baie van sy verwysings kan nie as algemene kennis by die gemiddelde leser veronderstel word nie. Tiperend van sy poësie is die aanwending van ’n breë taalregister en plasing van taal uit die volksmond as kommentaar op abstrak-filosofiese sake. D.J. Opperman en Fred le Roux neem van sy gedigte in 1965 op in “Stiebeuel 2”. In die sestiger- en sewentigerjare verskyn vier satiriese digbundels van hom (“Cabala”, “Apocrypha”, “Heimdall” en “Saturae”). Hierdie titels dui op die perspektief wat hy bied op die hede en die bekende deur middel van die verlede en die vreemde.

Hy maak sy debuut met “Cabala”,Lindenberg, E. “Standpunte” Nuwe reeks 74, Desember 1967 waar die titel kan verwys na die mistieke geestelike stelsel van Judaïsme of die Christelike toepassing daarvan. Die bundel bevat dan ’n hele aantal hekelverse oor die godsdiens en Bybelse figure uit die Pentateug en reeds in hierdie bundel is sy sterk ondersoekende houding teenoor die godsdiens duidelik, wat later ’n uitstaande kenmerk van sy poëtiese temas word. Die bundel bevat ook verse oor die klassieke mitologie, kunswerke uit die Renaissance en Suid-Afrikaanse eienaardighede soos rugbyvergaderings en vet koortannies. “Vakansie in die Vrystaat” is oënskynlik ’n gedig oor ’n vakansie op die plaas Spioenkop in die Vrystaat. Gou blyk dit egter dat die titel verwys na die vakansiestemming en ekonomiese welvaart wat regdeur die jaar hier heers. Die gebrek aan waardes en tradisies blyk onder andere uit die verwaarlosing van die opstal by die histories bekende Spioenkop, waar die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog ’n roemryke oorwinning behaal het, die woonhuis wat nou pienk geverf is en die oppervlakkigheid van die bewoners. Op knap wyse lewer Walters hier intertekstuele kommentaar op Leipoldt se gedig “Oom Gert vertel”, met die hooffiguur wat hier ook Oom Gert is, maar sonder die diepgang en bereidwilligheid tot opoffering wat gelyknamige karakters in Leipoldt se gedig gekenmerk het. Die satire is soms striemend en heftig, maar in ’n gedig soos “Reis uit die binneland” blyk byvoorbeeld ’n liefde vir die land se bekende dinge wat die toonaard enigsins versag. “Cabala” word bekroon met die Eugène Maraisprys in 1968 en met die Ingrid Jonkerprys en die W.A. Hofmeyr-prys in 1969.

In die bundel “Apocrypha”Cloete, T.T. “Standpunte” Nuwe reeks 88, April 1970 word elke gedig genommer (al die gedigte is sonder titels) en word elkeen vergesel van ’n Nederlandse aanhaling uit die Bybel, waarna die gedig self ’n apokriewe uitbreiding van die teks of reaksie daarop is. Die verhewe taal van die Nederlandse aanhaling dien telkens as kontras vir die aardse en meer moderne Afrikaans, wat dan ook illustratief is van die paradoksale aard van baie gedigte. Hierdie gedigte spreek ’n groot aantal menslike gebreke en sondes oor ’n breë spektrum aan, waarin nie net die algemeen menslike blyk nie, maar ook spesifiek die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse wêreld. Die mens word beskryf soos hy oorbluf word deur die paradokse van die Bybel, voor dinge wat hy begeer maar nie mag kry nie, hoe mooi en aanloklike dinge terselfdertyd gevaarlik is en hoe nederige of onskuldige mense slae kry. Hy spot ook met Afrikaanse digters soos Leipoldt, Van Wyk Louw, Opperman, Breytenbach en veral Visser, by wie se geestigheid hy soms aansluit. Die bundel word afgesluit met “Ses gebede”, waarin die toon van satiries hekelend verander na ’n sagter verheerliking of aanspreking van verskeie gode. Sy aanval op die ondeugde van die mens neem vele vorms aan, waaronder hekeling, ironie, satire en spot en hy lewer van sy beste werk wanneer hy humoristies te werk gaan, soos byvoorbeeld in “Apocrypha LIX”.

Die titel van “Heimdall”Brink, André P. “Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1976 verwys na die Germaanse god van lig, watCloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 15 no. 2, Junie 1975 as bewaker van die goderyk by die reënboogbrug staan tussen die wêreld en die goderyk.Coetzee, Ampie “Beeld” 4 Desember 1974 Hy kan oneindig ver sien in twee rigtings en kondig met sy trompet die godeskemering of einde van ’n era aan. Die tema van die wagter wat fyn waarneem en ook die stem van die gode is, word dan in die bundel verder geneem. Die bundel is in drie afdelings verdeel. Die eerste afdeling bevat politieke verse, waarin die stand van die eietydse Suid-Afrikaanse “goderyk” onder die loep geneem word deur onder meer in verskeie verse in gesprek te tree met ander Afrikaanse digters, veral Eugène Marais. Die middelste afdeling het die titel “Kamera” en bevat satiriese verse wat spot met ministers, vroue van parlementslede, omroepers, die sinodebroeders en vele ander gemeenskapstipes. “Waarom is ek tog ’n gewone man” (die titel van die derde afdeling) bevat verse wat die vreemdheid en veral pretensieuse geleerdheid van vernaamdoeners kontrasteer met die eenvoud en bekoring van die spreker se eie tuiste, terwyl hy hier ook persoonlike gedigte oor sy drome, vriendskappe en gevoelens insluit. In hoofsaak volg die gedigte in hierdie bundel dieselfde patroon as in sy vorige bundels, maar is tog veel losser en minder konvensioneel in vorm.

“Saturae”Botma, Gabriël “Die Burger” 8 Februarie 1995 is sy vierde satiriese digbundel, waar die titel reeds op die satires dui, maar ook ’n konnotasie het met die Latyn vir gemengde slaai. Oudergewoonte word die heilige koeie hier geslag en getrou aan die titel word ’n wye verskeidenheid van tipes en gedrag hier aangevat. Afrikaanse mense se omgang met godsdiens, kultuur en leierskap word hier blootgestel en prominente tipes (die N.G. predikant, die laerskoolhoof, ledemate van die kerk) se huigelagtigheid en vertoon gehekel. Daar is twee hoofgroepe gedigte, waarvan die eerste die Afrikaanse aktualiteit aanspreek en ’n tweede groep van sestien verse wat inspirasie put uit die kerk- en beskawingsgeskiedenis.

Eers meer as sestien jaar later volgGrové, A.P. “Insig” Augustus 1996 “Sprekende van God”. Hierdie bundel verken die gesprek oor godheid van die tydHambidge, Joan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 34 no. 4, November 1996 van die Grieke tot hier digby die einde van die twintigste eeu, met telkens die ondermyning Olivier, Fanie “Beeld” 29 Julie 1996 van enige sekerheid en waarheid. Die siening van God soos dit deur die eeue in die uitsprake en leer van mense na vore kom. Word ondersoek. Hierdie sieninge word dikwels duidelik ingegee deur die mens se eie behoeftes eerder as deur openbaring, maar word tot vandag toe verdedig met ’n fanatieke onverdraagsaamheid wat geen teenspraak duld nie. Onderwerpe sluit in temas wat baie gelowiges deur die eeue besig gehou het, soos die noodsaak van lyding en dood, die skynbare gebrek aan omgee in die hemele en waar sonde vandaan kom. Die poësie is duidelik betogend en intellektueel van aard en gaan dikwels dus gepaard met ’n gebrek aan emosie. Party verse neem hekelend standpunt in teen modieuse tendense aangaande God, soos ’n manlike God (“Wat ook al hul wiskundige samestelling”) en ’n God wat saam met die politiek van ’n Calvinistiese standpunt na ’n meer demokratiese liberalistiese God verander. Geestig is ’n vers soos Moses wat die verkeerde koers ingeslaan het in “Moses se kompas was skeef”.

“Satan ter sprake”Cloete, T.T. “Beeld” 28 Maart 2005 sluit by hierdie bundel aan en bevat weereens satiriese gedigte oor die godsdiens, hierdie keer geskryf vanuit Satan se oogpunt en dit beeld dus basies ongeloof uit.Hambidge, Joan Woorde wat Weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/mm-walters-satan-ter-sprake-2004.html Die gedigte word in drie afdelings verdeel. “Brief per pos” bevat hoofsaaklik gedigte met redenasies waarin die sienings en opvattings van Christene bevraagteken word. “Klip in die bos” is kwatryne in dieselfde trant, wat vrae stel oor alles wat na ongerymdhede, weersprekings of ’n gebrek aan logika klink. Die afdeling “Die duiwel is los” bevat meer indirekte verse met ’n verskeidenheid waarnemings van persone anders as Satan self. Enkele gedigte tref met hulle helder inhoud en knap segging, maar ongelukkig gaan meeste van hierdie gedigte oor in betoog en is ’n groot aantal eerder prosa as gedigte weens ’n gebrek aan digterlike binding.