Aviva Pelham (1948-) is 'n Suid-Afrikaanse sopraan. Sy is op 23 Januarie 1948 in Harare, Zimbabwe gebore. Pelham sing 'n verskeidenheid van musiek, insluitend: operas, musiekblyspele, operette, oratoria en kabarette.Whoswho.co.zs , besoek op 23 Januarie 2014 Sy het boeke vir blindes op band voorgelees en is by ander welsynswerk, soos die motorneuronsiekte-assosiasie betrokke.Aviva Pelham 'n diva met 'n ruim hart, Beeld, 7 Oktober 1998
Sy is onder andere bekend vir die opvoering van "Santa's Story", wat haar moeder, Santa Pelham se lewensverhaal beskryf. Haar moeder het van Nazi-Duitsland ontvlug en in die proses deur Spanje, Frankryk en uiteindelik na Zimbabwe gereis.
Diskografie Viva Aviva – A Selection of Favourite Songs, 2002 Gershwin Cocktail – Aviva Pelham met Thomas Rajna, 2003 Life is Beautiful – Duette Manuel and Aviva 2004
Verwysings
Eksterne skakels Aviva Pelham se amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse operasangers Kategorie:Geboortes in 1948