Omar Henry (gebore op 23 Januarie 1952 in Stellenbosch) is 'n voormalige krieketspeler wat in drie toetse en drie Internasionale eendagwedstryde vir Suid-Afrika uitgedraf het. Hy word as die eerste nie-blanke speler in die moderne era beskryf (na Charles Llewellyn in 1912). Hy het ook in Skotland gespeel.Henry Reaches Half Century, BBC News Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1992 vir Suid-Afrika gespeel. Later dien hy op die Suid-Afrikaanse nasionale keurkomitee, waarvan hy ook vir 'n tyd lank die voorsitter was.
Verwysings
Eksterne skakels Omar Henry op CricketArchive Omar Henry op Cricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense