Die bosmelkhout (Vitellariopsis marginata) is 'n middelgroot boom wat in Suid-Afrika inheems is in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Dit kom voor vanaf die noorde van Oos-Londen, deur Eswatini tot bykans by Beira in Mosambiek. Die boom groei in laagliggende woud, in droë struikwoud, klowe en langs waterlope. Die bas is ligbruin en skilfer in stringe af.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Vitellariopsis Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika