Die melkpeer (Inhambanella henriquesii) is 'n boom wat deel van die Sapotaceae familie is.
Die boom se FSA-nommer is 591.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding Die spesie is inheems aan Kenia, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe. Die spesie kom voor op die kuswoud noord vanaf Durban tot by Maputo en ook in die Chimanimaniberge in Zimbabwe.
Beskrywing Die spesie word 'n groot boom, wie se jong blare koperrooi gekleur is.
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Inhambanella Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe