duimnael|links|320px|Die NG kerk Suiderkruis, voorheen Potchefstroom-Suid.

regs|duimnael|170px|Ds. Abraham van Zyl, leraar van 1957 tot 1960.

regs|170px|duimnael|Ds. M.J.P. Olivier, leraar van 1960 tot sy aftrede op 24 April 1988.

Die NG gemeente Suiderkruis is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig in 1956 as die NG gemeente Potchefstroom-Suid, maar dié naam is in 2006, tydens die 50-jarige bestaan van die gemeente, verander na Suiderkruis Gemeente. Die kerkgebou is geleë by Kampstraat 108, Potchefstroom. In 2013 was die leraars drr. R.J. du Plooy en C.J. Calitz Daar was in daardie jaar 261 doop- en 751 belydende lidmate. Einde 2014 was dit 254 en 758. In 2014 is ds Benjan Knoetze beroep as jeugleraar. Die gemeente bedien tans (2016) 850 volwassenes en 150 kinders.

Enkele leraars Abraham van Zyl, 1957 –1960 Mieder Johannes Palm Olivier, 1960 – 24 April 1988 (aanvaar sy emeritaat) Dr. Chris Jordaan, 1973 - 1976 Ds. Johan Swanepoel, 1977 - 1981 Dr. David Olivier, 1980 - 1982 Ds. Ferdinand van Niekerk, 1983 - 1989 Ds. Hannes Strümpfer, 1988 - 1995 Dr. Roedolf Jacobus (Reon) du Plooy, 1989 – 15 Mei 2013 (oorlede in die amp; hy was 52) Dr. Coenraad Josephus (Coenie) Calitz, 1995 – hede Ds. Benjan Knoetze, 2014 - hede

Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media. Calitz, Coenie: Leraar Feesbundel van Suiderkruis gemeente, 2006

Eksterne skakels Die gemeente se webtuiste. Die gemeente se kerkgebou soos te sien op Google Maps.

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika