duimnael|links|250px|Beestong met witsous duimnael|regs|250px|'n Tonggereg Beestong is 'n dis of gereg wat gemaak word van die tong van 'n koei of enige ander bees. Dit kan gekook, gepekel, gebraai of in sous gesmoor word.

Beestong is baie hoog in vetpersentasie, byna 75% van sy kalorieë is afkomstig van vet. http://www.calorie-count.com/calories/item/13340.html

Voorbereiding

'n Tong word dikwels gesout en met uie en ander speserye in 'n pot geplaas om te kook. Nadat dit gaar is, word die vel verwyder. 'n Gepekelde tong kan soms deur die kok gebruik word, want dit is reeds met geurmiddels behandel. As die tong in 'n sous gaargemaak word, kan die sous weer later gebruik word vir frikkadelle of enige ander gereg.

Nog 'n manier van voorbereiding van tong is om dit in kookwater te plaas (dit word grys van kleur) en dan die vel af te trek. Hierna word die tong in 'n oond gebak en met behulp van die pandrupsels kan dan 'n heerlike sous berei word.

Oor die wêreld heen Lande soos Kanada, spesifiek die provinsie Alberta, voer groot hoeveelhede beestong uit.

In Frankryk en België word beestong gewoonlik voorberei met sampioene en in 'n Madeira-sous bedien. In Pole, Duitsland en Oostenryk word dit met peperwortelsous voorgesit. Duitsers maak wit roux met asyn en kappertjies, of peperwortelroom, wat ook gewild is in Poolse kookkuns.

Beestong word ook genuttig in Noord-Amerika en die Verenigde Koninkryk as 'n belangrike bestanddeel van die tongroosterbrood, 'n oop broodjie voorberei vir ontbyt, middagete of aandete en soms aangebied as 'n aptytwekker. Dit is ook ryk aan magnesium en natrium en kan bydra tot die herstel ná 'n hartaanval.

Die tonge van ander diere, veral varke en lammers, word ook geëet, en is soortgelyk aan beestong.

Verwysings

Kategorie:Afval (kos) Kategorie:Amerikaanse kookkuns Kategorie:Boheemse kookkuns Kategorie:Duitse kookkuns Kategorie:Franse kookkuns Kategorie:Irannese kookkuns Kategorie:Japannese kookkuns Kategorie:Kanadese kookkuns Kategorie:Koreaanse kookkuns Kategorie:Oekraïense kookkuns Kategorie:Russiese kookkuns Kategorie:Turkse kookkuns