Die Laeveldmelkbessie (Manilkara mochisia) is 'n boom wat deel van die Sapotaceae familie is. Die spesie is inheems aan Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

In Suid-Afrika kom die spesie voor vanaf die noorde van KwaZulu-Natal tot in die suide van Zimbabwe. Die boom kom ook voor in die Zambezivallei en daar is ook 'n afgesonderde populasie langs die Kunenerivier. Die boom se groote wissel van 'n spreidende struik tot 'n middelgroot boom. Dit groei in warm, droë bosveld en dikwels op miershope.

Die Tsonga-naam is N’wambu, en die Nwatinwambuspruit in die Krugerwildtuin is na die vrug vernoem.Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park: N'wambu, pp. 50, 52, Floors van der Wateren (April 2018)

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Kategorie:Bome van Afrika mochisia Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe