duimnael|220px|links|'n Tipiese straat in Flic-en-Flac duimnael|280px|Vakansiewoonstelle en wonings kyk uit op die straatjie Avenue des Tourtereax in Flic-en-Flac. Flic-en-Flac is 'n kusdorpie in die westelike deel van die eiland van Mauritius, in die distrik van Rivière Noire. Die openbare wit strand is een van die langste en mooiste op die eiland en sy strandmeer word beskerm deur die omliggende koraalriwwe. Die strand bied asemrowende uitsigte oor die Indiese Oseaan horison en van Le Morne Brabant skiereiland geleë in die suidweste van Mauritius.

Flic-en-Flac is ook die tuiste van sommige van die luukste hotelle in Mauritius en die Tamarinstrand is slegs 'n paar kilometer weg geleë.

Verwysings

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Mauritius