Die NG gemeente Lux Deo is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal) wat in 2013 ontstaan het uit die samesmelting van die NG gemeente Arconpark en Sonlandpark.
Die gemeente se tuiste is die kerkgebou van die eertydse gemeente Sonlandpark by Waterbergstraat 29, Sonlandpark, Vereeniging, sowel as Arconpark s'n by in Lawnlaan, Arconpark.
Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Eksterne skakel Die kerkgebou van die destydse gemeente Arconpark soos te sien op Google Maps. Die eertydse gemeente Sonlandpark se kerkgebou soos te sien op Google Maps.
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika