Fort Lauderdale 280px Kaart Wapen 170px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land 20px Verenigde State Deelstaat 20px Florida County 20px Broward Koördinate  Gestig op 27 Maart 1911 Oppervlakte:    - Totaal 99,9 vk km  Hoogte bo seevlak 2,75 m Bevolking:    - Totaal (2012) 170 747  - Bevolkingsdigtheid 1 838,3/vk km  - Metropolitaanse gebied 5 762 717 Tydsone EST (UTC -5) Somertyd: EDT (UTC -4) Burgemeester Dean Trantalis (D) Amptelike webwerf fortlauderdale.gov

Fort Lauderdale /ˌfɔərt ˈlɔːdərdeɪl/ is 'n stad in Florida in die Verenigde State van Amerika. Die stad lê 37 km (23 myl) noord van Miami aan die kus van die Atlantiese Oseaan. In 2010 het dit 'n bevolking van 165 521 inwoners gehad. Dit is die setel van die administrative distrik Broward County en die hoofstad van die Metropolitaanse Gebied Suid-Florida, wat volgens die 2010-sensus 5 564 635 inwoners het.

duimnael|links|'n Lugfoto van die Intracoastal Waterway in Fort Lauderdale Fort Lauderdale is 'n gesogte toeristebestemming. In 2006 het die stad 10,35 miljoen besoekers gelok. Dit word soms die "Venesië van Florida" genoem, vanweë die stad se uitgebreide en ingewikkelde waterkanale. 'n Ander bynaam is Yachting Capital of the World. Volgens die statistieke van 2006 het die plek 42 000 seilbote en 100 marinas en skeepswerwe. Die bootskou Fort Lauderdale International Boat Show word jaarliks gehou. Fort Lauderdale het spierwit strande met verskeie restaurante, kroeë en nagklubs.

Fort Lauderdale is vernoem na 'n reeks forte wat die Verenigde State gedurende die Florida-oorlog (van 1835 tot 1842) gebou het. Hierdie forte is na majoor William Lauderdale vernoem, die bevelvoerder van die afdeling wat die eerste fort gebou het. Die stad het eers 50 jaar later, na die einde van die konflik begin ontwikkel. Daar was drie forte met die naam "Fort Lauderdale"; die eerste by die vurk van die New River, die tweede by Tarpon Bend langs die New River tussen Colee Hammock en Rio Vista, en die derde naby die Bahia Mar Marina.

Die Suid-Afrikaanse bankrower en voormalige polisieoffisier André Stander is op 13 Februarie 1984 deur polisie in Fort Lauderdale doodgeskiet.

Sport Fort Lauderdale was een van die gasheerstede tydens die T20I-wêreldbeker 2024.

Susterstede Goudkus (Queensland, Australië), sedert 1980 Venesië (Italië), sedert 2007 Panama-stad (Panama)

Sien ook Lys van nedersettings in die Verenigde State van Amerika

Verwysings

Eksterne skakels Wiki-webtuistes

Internasionale bootskou

Fort Lauderdale International Boat Show

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Florida