Die Zonderwater-gevangenis is 'n tronk in Cullinan, 10 km buite Rayton in Gauteng, Suid-Afrika. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur. Sommige van Suid-Afrika se mees berugte gevangenes in die geskiedenis is hier aangehou.
Bekendes wat hier aangehou is sluit in: Demetrios Tsafendas, moordenaar wat Hendrik Verwoerd, op 6 September 1966 doodgesteek het; André Stander, Suid-Afrikaanse polisieoffisier en 'n bankrower; Twee lede van die sogenaamde Waterkloof-vier; Lede van die Boeremag.
Sien ook Lys van gevangenisse in Suid-Afrika
Kategorie:Gauteng Kategorie:Tronke in Suid-Afrika