Die Golden Globes is Amerikaanse pryse wat sedert 1944 deur die 93 lede van die Hollywood Foreign Press Association (HFPA) toegeken word vir uitnemendheid in rolprente en op televisie, plaaslik en internasionaal. Die jaarlikse formele seremonie waarop die pryse toegeken word, is ’n belangrike deel van die rolprentwese se prysseisoen, wat eindig met die jaarlikse Oscar-toekenningsaand.

Die 76ste Golden Globe-toekenningsaand, wat uitnemendheid in 2018 vereer het, is op 6 Januarie 2019 in die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Dit vind sedert 1961 hier plaas.Butler, Don. "Beverly Hilton recaptures lustre of its glory days", Regina Leader-Post, 9 Mei 2008. Besoek op 28 Januarie 2009

Kategorieë Rolprente Beste rolprent – drama Beste rolprent – musiekblyspel of komedie Beste regisseur Beste akteur – rolprentdrama Beste akteur – musiekblyspel of komedie Beste aktrise – rolprentdrama Beste aktrise – musiekblyspel of komedie Beste byspeler – rolprent Beste byspeelster – rolprent Beste draaiboek Beste oorspronklike musiek Beste oorspronklike liedjie Beste buitelandse rolprent Beste vollengte-animasieprent (sedert 2006) Cecil B. DeMille-prys vir lewenslange bydrae tot die rolprentwese

Televisie Sedert 1956: Beste dramareeks Beste komediereeks Beste akteur in ’n TV-dramareeks Beste akteur in ’n TV-komediereeks Beste aktrise in ’n TV-dramareeks Beste aktrise in ’n TV-komediereeks Beste minireeks of rolprent vir TV Beste akteur in ’n minireeks of rolprent vir TV Beste aktrise in ’n minireeks of rolprent vir TV Beste byspeler in ’n minireeks of rolprent vir TV Beste byspeelster in ’n minireeks of rolprent vir TV

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Amptelike webtuiste van die Golden Globes