Die Kermadec-eilande (Engels: Kermadec Islands) is 'n subtropiese eilandboog in die Suidelike Stille Oseaan, sowat 800 tot 1 000 km noordoos van Nieu-Seeland se Noord-Eiland en ewe ver van Tonga af geleë.

Vandat Nieu-Seeland die eilande op 20 Januarie 1887 geannekseer het, is dit Nieu-Seelandse grondgebied. Die eilande beslaan altesaam 33 km2. Dit word nie meer bewoon nie, buiten die Raoul Island Station, die mees noordelike buitepos van Nieu-Seeland, wat permanent beman word.