Charles Grant Glenelg (1778 - 1866) was 'n Britse Minister van Kolonies. Hy is gebore in Kidderpore, Wes-Bengale in Indië. Gedurende 1835 word hy Lord Glenelg. Hy het 'n swak beleid in Suid-Afrika gevolg en het die bufferstaat Die provinsie van Koningin Adelaide aan die Xhosas terug gegee. Dit was een van die hoofoorsake van die Groot Trek. Hy bedank in 1839 en sterf in Cannes in 1866.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Britse ministers Kategorie:Geboortes in 1778 Kategorie:Sterftes in 1866 Kategorie:Fellow of the Royal Society