Die Omsambeet (Millettia grandis) is 'n middelgroot boom wat deel van die Fabaceae familie is. Dit is endemies aan Suid-Afrika en groei in woude en grasryke streke langs die kus noord van Oos-Londen tot net noord van Durban.

Die boom se peule is bedek met kort, fluweelagtige haartjies en het 'n platterige kroon. Wanneer die peule oopbars, bars hulle spiraalgewys oop en versprei hul saad sowat 20–30 m ver. Die blomare is lilapers van kleur.

Fotogalery

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Eksterne skakels

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika