Umeå
Europese Kultuurhoofstad 2014Europeisk kulturhuvudstad 2014
280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Landskap 20px Västerbotten Län 20px Västerbotten Koördinate Stigting (eerste verwysing) ca. 14de eeu Oppervlakte: - Totaal (kommun) 5 277,35 vk km Hoogte bo seevlak 12 m Bevolking: - Totaal (2023) 133 091 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 25,2/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Kontinentaal-gematig - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 3,9 °C - Gem. temp. Januarie/Julie −6,2 / 16,0 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 634,6 mm Amptelike webwerf www.umea.se
Umeå (Sweeds: [ˈʉ̌ːmɛɔ], ; Fins: Uumaja; Ume Sámi: Ubmeje; Suid-Samies: Upmeje; Noord-Samies: Ubmi) is 'n stad in die noorde van Swede in die provinsie Västerbotten. Dit is die hoofstad van die gelyknamige provinsie en ook die grootste stad in die Norrland-streek. Die stad beslaan 'n oppervlak van 5 277,35 km² en het in 2023 'n bevolking van 133 091 gehad.
duimnael|links|Umeå se stadsaal Umeå is al vir 'n geruime tyd een van die snelgroeiende stede in Swede. Die stad begin veral in 1965, na die stigting van die stad se universiteit, sterk te groei. Dit groei vandag steeds en 700 tot 800 nuwe wonings word per jaar gebou.
Die stad staan in Swede bekend as die "berkestad", omdat daar baie lane met berkebome is. Die rivier Ume älv mond naby Umeå in die Botniese Golf uit. Die sokkerklub Umeå IK en die Universiteit van Umeå kan in die stad gevind word.
Umeå is saam met die Letse hoofstad Riga aangewys as Europa se Kulturele Hoofstad van die Jaar 2014.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf