duimnael|links|Hul huis in Lyon, Frankryk, is nou die Institut Lumière museum. Die Lumière-broers (Frans [lymjɛːʁ]), Auguste Marie Louis Nicolas [oɡyst maʁi lwi nikɔla] (19 Oktober 1862, Besançon, Frankryk – 10 April 1954, Lyon) en Louis Jean [lwi ʒɑ̃] (5 Oktober 1864, Besançon, Frankryk – 6 Junie 1948, Bandol), was Franse sakemanne en filmpioniers. Met die uitvinding van die cinématographe, die wêreld se eerste projeksieapparaat, word hulle van die grondleggers van kinematografie. Louis Lumière word ook dikwels as "die vader van die kinema" beskryf.
In 1895 vertoon die Lumière-broers vir die eerste keer bewegende prente aan 'n betalende gehoor.
Eksterne skakels Enkele van die Lumière-broers se kortfilms
Kategorie:Franse uitvinders Kategorie:Franse kunstenaars Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Geboortes in 1864 Kategorie:Sterftes in 1948 Kategorie:Sterftes in 1954 Kategorie:Franse rolprentregisseurs