duimnael|regs|240px|'n Tipiese bokkiesraaisel. duimnael|regs|240px|Persoon wat 'n blokkiesraaisel invul. duimnael|regs|240px|Die eerste bokkiesraaisel.

'n Blokkiesraaisel is 'n woordspel in die vorm van 'n vierkant wat in blokkies verdeel is. Die speler moet woorde horisontaal en vertikaal in die oop blokkies invul totdat al die oop ruimtes gevul is. Leidrade word verskaf wat die speler help om die regte woorde te raai. Blokkiesraaisels kom algemeen in tydskrifte en koerante voor en is 'n gewilde tydverdryf.

Geskiedenis Arthur Wynne, 'n joernalis van Liverpool, Engeland het die eerste blokkiesraaisel op 21 Desember 1913 in die New York World gepubliseer. Die redakteur van die koerant het hom gevra om 'n insetsel te lewer om 'n oop ruimte te vul. Vandag word dit beskou as een van die gewildste woordspeletjies ter wêreld.

Voorbeeld Hier is 'n voorbeeld van 'n eenvoudige blokkiesraaisel:

1 2 . . . 3 4 . . 5 . . .

Dwars 1. Reptiel wat op die grond seil 3. Nag-aktiewe voël wat muise vang 5. Primaat wat in bome rond klouter

Af 1. Slak se dop 2. Iets wat mens maak lag 4. Jong skaap

Die oplossing (antwoord) van die blokkiesraaisel is:

1S L A N 2G K . . . R 3U I 4L . A L . 5A A P P . M . .

Verwysings

Eksterne skakels

'n Aanlyn blokkiesraaisel-oplosser 'n Android blokkiesraaisel-oplosser Program om met blokkiesraaisels te help 'n Aanlyn blokkiesraaisel gemeenskap

Kategorie:Speletjies