Die Laeveldsterkastaiïng (Sterculia murex) is 'n middelgroot boom wat inheems is aan die suidelike laeveld. Die boom word slegs in Eswatini en Mpumalanga op droë rotsagtige plekke aangetref.http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:825359-1 Die boom is bladwisselend en nuwe blare is bronskleurig en later donkergroen en bedek met fluweelagtige hare.

Die boom se FSA-nommer is 475.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World ONline

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Sterculia Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika