Vitamien E 220px|Vitamien E se chemiese struktuur

Vitamien E verwys na 'n groep van agt komplekse vetoplosbare vitamiene, onder andere die tokoferole en tokotrinole. Uit die baie verskillende vorms van vitamien E, is gamma-tokoferol die mees algemene in 'n Westerse dieet.

Vitamien E het vele biologiese funksies in die liggaam van mense en diere, dié as antioksidant die belangrikste en bekendste een. Ander funksies sluit in ensiemaktiwiteit, uitdrukking van gene, en neurologiese funksies. Daar word vermoed dat die belangrikste funksie van vitamien E is as selboodskapper en nie soseer as antioksidant nie.

'n Vitamien E-gebrek in diere lei tot onvrugbaarheid en ander spierafwykings. Daar is egter nog geen tekens dat die vitamien ʼn invloed op die mens het nie. Dit word egter gebruik vir die behandeling van steriliteit.

Bronne van vitamien E in 'n dieet {| class=wikitable style="text-align:center;" |- ! Voedsel wat baie vitamien E bevat ! mg/100 g |- | align=left | koringkiemolie |150 |- | align=left | sonneblomolie |140 |- | align=left | saffloerolie |34 |- | align=left | neute soos haselneute |26 |- | align=left | neute soos amandels |15 |- | align=left | palmolie |15 |- | align=left | spinasie |2.1 |- | align=left | raap |1.9 |- | align=left | beetblare |1.8 |- | align=left | koolblare |0.88 tot 2.3 |- | align=left | avokado's |2.1 |- | align=left | aspersies |1.1 tot 1.5 |- | align=left | kiwivrug (groen) |1.5 |- | align=left | broccoli |0.78 tot 1.5 |- | align=left | mango's |0.9 |- | align=left | pampoen |0.8 |- | align=left | patats |0.26 tot 0.94 |- | align=left | tamaties |0.55 |- | align=left | skerpioenvis |0.44 |- | align=left | papajas |0.3

Bronne Wêreldspektrum, 1982, , volume 28, bl. 175

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Vitamines