Die Breëriviergeelhout (Podocarpus elongatus) is 'n boom wat voorkom en beperk is tot rivieroewers en rotsagtige plekke in die suid-Wes-Kaap. Dit is die enigste spesie van die geelhoutbome wat nie in woude voorkom nie. Die boom groei in habitatte wat so nou en dan versteur word en is die enigste spesie wat daarna weer uitloop. Die spesie is ook inheems in Malawi, Zambië en Zimbabwe.
Die boom se FSA-nommer is 15.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika. Dit het ook ander plaaslike name: berggeelhout, rooibessie-geelhout en westelikegeelhout.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit?; Eugene Moll, 2013, REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Podocarpus Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe