Rhamnaceae is die Blinkblaar-familie wat hoort tot die orde Rosales. Hierdie familie het 900 spesies wêreldwyd waarvan 170 spesies in Suider-Afrika voorkom en 10 bome is. Die bome in die familie is nie maklik herkenbaar nie alhoewel die genera maklik van mekaar onderskei kan word.
Kenmerke van die familie Die blare is enkelvoudig, dikwels glansend aan die bokant, afwisselend of halfteenoorstaande. Die vorm van die are op die blare is 'n fyn, reëlmatig netwerk of retikulum van vierkantjies of reghoekies.
Spesies Die volgende spesies kom in Suid-Afrika voor: Blinkblaar (Rhamnus prinoides) Blinkblaar-wag-'n-bietjie (Ziziphus mucronata) Bruinivoor (Berchemia discolor) Gewone hardeblaar (Phylica paniculata) Pondotreurdoring (Colubrina nicholsonii) Rooi-ivoor (Berchemia zeyheri) Seepbos (Noltea africana) Vals-wag-'n-bietjie (Ziziphus rivularis)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies