Amir Abbas Howeida (Persies: امیرعباس هویدا; Amīr `Abbās Howeida, * 18 Februarie 1919, † 7 April 1979 in Teheran) was 'n Iranse ekonoom en politikus wat tussen 27 Januarie 1965 en 7 Augustus 1977 as eerste minister gedien het. Sy ampstermyn van byna dertien jaar was die langste van alle premiers in die geskiedenis van Iran. Howeida het daarnaas ook die ampte van vise-premier en minister van finansies in die kabinet van Hassan-Ali Mansur beklee.

Ná die Iranse Rewolusie in 1979 is hy deur die nuut geskepte Islamitiese Rewolusionêre Geregshof skuldig bevind van "oorlogsvoering teen God" en die "verspreiding van korrupsie op Aarde", ter dood veroordeel en tereggestel.

Kategorie:Irannese politici Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1919 Kategorie:Sterftes in 1979 Kategorie:Irannese skrywers