William Holden (17 April 1918 – 12 November 1981) was ’n Amerikaanse akteur. Hy was een van die rolprentteaters se grootste trekpleisters en word beskou as een van die gewildste en bekendste akteurs van alle tye. Hy het in 1953 die Oscar vir beste akteur gewen vir sy rol in Stalag 17, en ’n Primetime Emmy vir die 1973-TV-prent The Blue Knight.
Holden het in van die grootste rolprenttreffers van alle tye gespeel, soos Sunset Boulevard, The Bridge on the River Kwai, The Wild Bunch, The Towering Inferno en Network. Hy is ses keer gekies as een van die top-10 sterre van die jaar (1954–1958, 1961) en was no. 25 op die American Film Institute se lys van top-100 sterre.
Vroeë lewe Holden is as William Franklin Beedle Jr. gebore in O'Fallon, Illinois, as die seun van William Franklin Beedle Sr., ’n bedryfskeikundige, en Mary Blanche Ball, ’n onderwyseres. "Ancestry of William Holden." Genealogy.com. URL besoek op: 13 November 2011. Hy het twee jonger broers, Robert en Richard, gehad.
Sy gesin het na South Pasadena in Kalifornië getrek toe hy drie jaar oud was. Ná sy skoolopleiding aan die Hoërskool South Pasadena is hy na die Junior Kollege Pasadena, waar hy by plaaslike radiospele betrokke geraak het. Hy is in 1937 in ’n skoolopvoering deur Paramount Pictures raakgesien in die rol van ’n 80-jarige man, Marie Curie se skoonpa. Sy eerste rolprent was Prison Farm die volgende jaar.
duimnael|Saam met Lee J. Cobb in Golden Boy (1939). duimnael|Saam met George Raft in Invisible Stripes (1939).
Loopbaan Sukses duimnael|Saam met Audrey Hepburn in Sabrina (1954). Holden se eerste groot rol was in Golden Boy (1939), as ’n vioolspeler wat ’n bokser word. Dit is gevolg deur die rol van George Gibbs in die rolprentweergawe van Our Town.Capua 2009, pp. 16–17.
Nadat Columbia Pictures die helfte van sy kontrak oorgeneem het, het hy in ’n paar klein prente vir Paramount en Columbia gespeel voordat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n 2de luitenant in die lugmag geword het. Sy loopbaan het in 1950 ’n hupstoot gekry toe Billy Wilder hom gebruik in Sunset Boulevard, saam met Gloria Swanson, waarvoor hy die eerste keer benoem is vir ’n Oscar vir beste akteur.Capua 2009, pp. 54–55.
Hierna het hy ’n paar rolle gespeel wat sy aantreklike voorkoms met siniese afsydighied gekombineer het, onder meer as ’n oorlogsgevangene-entrepreneur in Stalag 17 (1953), waarvoor hy ’n Oscar gewen het, ’n jong ingenieur en gesinsman onder druk in Executive Suite (1954), ’n bitter verhoogregisseur in The Country Girl (1954), ’n sorgelose plesiersoeker in Sabrina (1954) en ’n oorlogskorrespondent in Love Is a Many-Splendored Thing (1955). Sy bekendste rol was dié van ’n gevangene met slegte geluk in The Bridge on the River Kwai (1957). In The Horse Soldiers (1959) het hy saam met John Wayne gespeel.
Hy het ook ’n paar vroliker rolle gespeel in The Moon Is Blue (1953), Born Yesterday (1950) en Forever Female (1953). Hy het Humphrey Bogart se jonger broer gespeel in Sabrina (1954), waarin ook Audrey Hepburn was. In 1954 was hy op die voorblad van die tydskrif Life.
Sy loopbaan het in 1957 ’n hoogtepunt bereik met die enorme sukses van The Bridge on the River Kwai, maar hy het in die volgende paar jaar in ’n paar prente gespeel wat nie ’n groot sukses was nie."Film Ratings." IMDb. URL besoek op 6 Desember 2012. Teen die middel 1960's het die gehalte van sy rolle en prente aansienlik afgeneem.
Latere loopbaan In 1969 het Holden ’n terugkeer gemaak in die regisseur Sam Peckinpah se gewelddadige en hoog aangeskrewe western The Wild Bunch. In dieselfde jaar het hy ook in die regisseur Terence Young se gesinsprent L'Arbre de Noël gespeel saam met die Italiaanse aktrise Virna Lisi. Die prent is aanvanklik in Amerikaanse teaters uitgereik as The Christmas Tree en op video as When Wolves Cry.Capua 2009, pp. 135–136, 141.
Vyf jaar later het hy saam met Paul Newman en Steve McQueen gespeel in die rampfliek The Towering Inferno, wat ’n groot treffer was en een van Holden se rolprente wat die meeste geld gemaak het. Hy is ook geprys vir sy rol in Sidney Lumet se klassieke Network (1976), waarvoor hy ’n Oscar-benoeming gekry het.
In 1974 het hy ’n Emmy gewen vir sy uitbeelding van ’n siniese, rowwe veteraanpolisieman in die TV-prent The Blue Knight. In 1980 het hy saam met die gewilde kinderakteur Ricky Schroder verskyn in The Earthling. Sy laaste prent, Blake Edwards se S.O.B., is vir ’n Golden Globe benoem as beste prent.
Persoonlike lewe duimnael|links|225px|Die bruidsmeisie, Brenda Marshall, en strooijonker, William Holden, was die enigste gaste op die troue van Ronald en Nancy Reagan. duimnael|Saam met Gloria Swanson in Sunset Boulevard (1950). duimnael|220px|In The Revengers (1972).
Terwyl hy in 1966 in Italië was, het Holden ’n ander motorbestuurder se dood veroorsaak terwyl hy onder die invloed was. Hy het ’n opgeskorte vonnis van agt maande gekry vir manslag.Brown, Andrew M. "When Alcoholics drink themselves to death." The Telegraph, 7 April 2011.
Hy was van 1941 tot 1971 met die aktrise Ardis Ankerson (verhoognaam Brenda Marshall) getroud. In hul huwelik was hulle baie van mekaar af weg. Hulle het twee seuns, Peter Westfield en Scott Porter, gehad. Hy het ook sy vrou se dogter uit ’n vorige huwelik, Virginia, aangeneem.
Hy was in 1952 die strooijonker by die troue van sy groot vriend Ronald Reagan en sy vrou Nancy Davis; hy het egter nooit by politiek betroke geraak nie.
Holden het die Franse aktrise Capucine in die vroeë 1960's ontmoet en hulle het saam verskyn in The Lion (1962) en The 7th Dawn (1964). Hulle het ’n verhouding van twee jaar begin wat na bewering geëindig het weens Holden se alkoholisme.The Lion (gasheer: Robert Osborne); uitgesaai: 4 November 2012 op Turner Classic Movies Hulle het egter vriende gebly tot met sy dood in 1981.Strodder 2000, p. 112.
In 1972 het hy ’n verhouding met die aktrise Stefanie Powers begin en dit het haar belangstelling gewek in dierebeskerming.Capua 2009, p. 165. Sy het ná sy dood die William Holden Wildlife Foundation by Holden se Mount Kenya Game Ranch gestig.Bacon, Doris Klein. "For Love of Bill." People, Vol. 17, No. 21, 31 Mei 1982.
Dood Volgens die Los Angeles-lykskouersverslag was Holden op 12 November 1981 alleen en besope in sy woonstel in Santa Monica toe hy gly, sy kop teen ’n bedtafeltjie stukkend stamp en doodbloei. Dit is onbekend of hy nie besef het hoe ernstig hy beseer is en of hy nie in staat was om hulp te ontbied nie. Sy liggaam is vier dae later gevind.Bennett, Bruce. "William Holden's Unscripted Fall From Grace." New York Sun, 2 Julie 2008. Hy het in sy testament bepaal dat hy sonder ’n begrafnis- of gedenkdiens veras word en dat sy as in die Stille Oseaan gestrooi word.Capua 2009, p. 164
In 2007 het sy stiefdogter, Virginia Holden Gaines, die boek Growing Up with William Holden: A Memoir geskryf waarin sy haar herinneringe aan haar lewe saam met Holden deel.
Filmografie + Film Jaar Titel Rol Notas 1938 Prison Farm Gevangene Nie op naamrol 1939 Million Dollar Legs Gegradueerde Nie op naamrol 1939 Golden Boy Joe Bonaparte 1939 Invisible Stripes Tim Taylor 1940 Our Town George Gibbs 1940 Those Were the Days! P.J. "Petey" Simmons 1940 Arizona Peter Muncie 1941 I Wanted Wings Al Ludlow 1941 Texas Dan Thomas 1942 The Fleet's In Casey Kirby 1942 The Remarkable Andrew Andrew Long 1942 Meet the Stewarts Michael Stewart 1943 Young and Willing Norman Reese 1943 Reconnaissance Pilot Homself Kortprent 1943 Wings Up Homself Kortprent 1947 Blaze of Noon Colin McDonald 1947 Dear Ruth Lt. William Seacroft 1947 Variety Girl Homself 1948 The Man from Colorado Kapt. Del Stewart 1948 Rachel and the Stranger David Harvey 1948 Apartment for Peggy Jason Taylor 1948 The Dark Past Al Walker 1949 Streets of Laredo Jim Dawkins 1949 Miss Grant Takes Richmond Dick Richmond 1949 Dear Wife Bill Seacroft 1950 Father Is a Bachelor Johnny Rutledge 1950 Sunset Boulevard Joe Gillis Benoem vir ’n Oscar 1950 Union Station Lt. William Calhoun 1950 Born Yesterday Paul Verrall 1951 Force of Arms Sers. Joe "Pete" Peterson 1951 Submarine Command Lt.kmdr. Ken White 1952 Boots Malone Boots Malone 1952 The Turning Point Jerry McKibbon 1953 Stalag 17 Sers. J.J. Sefton Oscar vir beste akteur 1953 The Moon Is Blue Donald Gresham 1953 Die Jungfrau auf dem Dach Toeris Kameerol 1953 Forever Female Stanley Krown 1953 Escape from Fort Bravo Kapt. Roper 1954 Executive Suite McDonald Walling Spesiale prys op die Venesiese Rolprentfees vir gesamentlike toneelspel 1954 Sabrina David Larrabee 1954 Samurai I: Musashi Miyamoto Verteller Nie op naamrol 1954 The Country Girl Bernie Dodd 1954 The Bridges at Toko-Ri Lt. Harry Brubaker 1955 Love Is a Many-Splendored Thing Mark Elliott 1955 Picnic Hal Carter Benoem vir BAFTA 1956 The Proud and Profane Lt.kol. Colin Black 1956 Toward the Unknown Maj. Lincoln Bond 1957 The Bridge on the River Kwai Shears 1958 The Key Kapt. David Ross 1959 The Horse Soldiers Maj. Henry Kendall 1960 The World of Suzie Wong Robert LomaxLaurel-prys (2de plek) 1962 Satan Never Sleeps Vader O'Banion 1962 The Counterfeit Traitor Eric Erickson 1962 The Lion Robert Hayward 1964 Paris When It Sizzles Richard Benson/Rick 1964 The 7th Dawn Maj. Ferris 1966 Alvarez Kelly Alvarez Kelly 1967 Casino Royale Ransome 1968 The Devil's Brigade Lt.kol. Robert T. Frederick 1969 The Wild Bunch Pike Bishop 1969 The Christmas Tree Laurent Ségur 1971 Wild Rovers Ross Bodine 1972 The Revengers John Benedict 1973 Breezy Frank Harmon 1974 Open Season Hal Wolkowski 1974 The Towering Inferno Jim Duncan 1976 Network Max Schumacher National Society of Film Critics-prys vir beste akteur (2de plek), New York Film Critics Circle-prys (3de plek), Oscar-benoeming, BAFTA-benoeming 1978 Fedora Barry "Dutch" Detweiler 1978 Damien: Omen II Richard Thorn 1979 Escape to Athena Gevangene Nie op naamrol 1979 Ashanti Jim Sandell 1980 When Time Ran Out Shelby Gilmore 1980 The Earthling Patrick Foley 1981 S.O.B. Tim Culley
Verwysings
Bibliografie Capua, Michelangelo. William Holden: A Biography. Jefferson, Noord- Carolina: McFarland Press, 2010. . Gaines, Virginia Holden. Growing Up with William Holden: A Memoir. Newark, Notts, VK: Strategems, 2007. . Phillips, Gene D. Some Like It Wilder: The Life and Controversial Films of Billy Wilder. Lexington, Kentucky: University Press of Kentucky, 2010. . Quirk, Lawrence J. The Complete Films of William Holden. Sacramento, Kalifornië: Citadel Press, 1986. . Quirk, Lawrence J.The Films of William Holden. Sacramento, Kalifornië: Citadel Press, 1973. . Strodder, Chris. Swingin' Chicks Of the Sixties. San Rafael, Kalifornië: Cedco Publishing Company, 2000. . Thomas, Bob. Golden Boy: The Untold Story of William Holden. New York: St. Martin's Press, 1983. .
Eksterne skakels Profiel @ Turner Classic Movies William Holden Wildlife Foundation
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 1981 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu