Die gryskopmossie (Passer diffusus) is 'n algemene standvoël in boomveld en ander gebiede met bome. Hulle kom ook in tuine voor maar vermy gewoonlik stads- en dorpsgebiede. Hulle maak nes in 'n gat in 'n boom, paal of gebou; ook die ou neste van ander voëls. Die voël word 15 cm groot en weeg 20 - 30 gram. In Engels staan die voël bekend as die Southern grey-headed sparrow.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Mossies