Die blousuikerbekkie (Anthreptes longuemarei) is 'n skaars tot gelokaliseerde standvoël in miombo-boomveld. Hulle sluit dikwels by voëlgroepe aan en pare bly heeljaar saam. Die voël is 13 cm groot en weeg 10 - 13 gram. In Engels staan die voël bekend as die Western violet-backed sunbird.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Suikerbekkies